Tuis. 08

(Tuis.) #1

100 tuis Augustus 2017


Beelde
’n Beeld verleen nou maar eenmaal daardie ietsie ekstra aan ’n tuin


  • dit kan ’n groot apploustrekker wees of iets meer subtiels wat
    saamsmelt met die plante. Dié Marieke Prinsloo-Rowe-beeld in
    Helga du Randt se Pretoria-tuin skep ’n lieflike fokuspunt en is so
    geplaas dat jy dit behoorlik kan geniet wanneer jy op die stoep sit.
    Hoewel dié standbeeld ’n waardevolle kunswerk is kan
    goedkoper beelde dieselfde trefkrag hê. Doodgewone sement
    verweer mooi en ontwikkel mettertyd ’n lieflike patina.
    Wanneer jy ’n beeld oorweeg hou dit eenvoudig. Net soos met
    enige kunswerk moet jy iets kies wat vir jou beeldskoon is en “met
    jou praat”. Plaas dit aan die einde van ’n paadjie of gangetjie of in
    die middel van ’n muur. Maak seker dit word versag deur
    omliggende plante en ’n groen agtergrond.


Ontwerp

André Kruger

Lewende mure


’n Vaal muur is in ’n lushof vir die oog omskep danksy immergroen
kruipvy (Ficus pumila) wat die perfekte agtergrond skep vir ’n mooi
ystertralie-hek en rakke vol potplante. “Ons het dié hek op Deneysville
in die Vrystaat gevind en dit werk perfek teen die muur” vertel
Geraldene. Dis die ideale uitstalplek vir haar versamelings harte
krale bokhorings en ’n kruis.
Rakke is ideaal vir ’n tuinmuur waar die ruimte beperk is soos in ’n
stegie of waar jy die vloerspasie nodig het vir iets anders. Dit hoef nie
breed te wees nie – selfs 20–30 cm bied genoeg pakplek vir heelparty
potte en mooigoed.
Wenk As jy ’n vaal vibracrete-muur met kruipvy in ’n lewende muur
wil omskep seël die vibracrete eers met ’n produk soos Plascon
Brickseal omdat dié mure ’n poeier afskei wat dit moeilik maak vir die
plant om daarteen vas te suig. Kruipvy is ’n goeie muurbedekker
omdat dit so plat teen die muur groei. Jy kan voorwerpe bo-oor dié
ranker hang of tussen-in as jy bereid is om dit gereeld oop te snoei.


Kaskenades


Meubelstukke soos groot ou vertoonkaste en eetkamerstoele hoef nie
tot binne die huis beperk te word nie. Geraldene ’n opperste
snuffelaar het Suid-Afrika al platgereis – en oral raap sy weggooigoed
op. Dié lendelam kas het sy op Rosendal in die Vrystaat raakgeloop.
Die blou kleur het dadelik haar aandag getrek en dit was die ideale
stuk om ’n fokuspunt teen ’n saai muur in haar binnehof te skep.
Benewens terracotta-potte van verskillende groottes op die rakke en
selfs in die laaie word die kas omring deur tuinstewels harte antieke
tuingereedskap ou borde teepotte en selfs ’n trekkersitplek. Op die
vloer pronk ou Winterton-broodpanne met kruie van elke geur –
Geraldene se gunsteling-element.


4


5


6

Free download pdf