Tuis. 08

(Tuis.) #1

van buite


DeurBeatrice Moore-Nöthnagel •Foto’sElza Cooper
en Sally Chance

Van potte en patrone tot beelde en kaste –


mooigoed is ’n moet ook in jou tuin.


Ontwerp

André Kruger

[STYLE VIR POTTE]


Potte
Wie onthou nie wat potplante vroeër jare
was nie: plante wat in kleipotte en
konfytblikke in reguit rye op die veranda
gerangskik gestaan het. Só skryf Nancy
Gardiner in haar boek Tuinmaak maklik
gemaak. Vandag is daar ’n wonderlike
verskeidenheid potte bakke mandjies en
vensterbakke van allerlei materiale
beskikbaar waarmee jy enige styl en
stemming kan skep.
In André Kruger van Garden Bleu se
eie tuin in Pretoria het hy die inrit geskei
van die tuin met ’n ry suurlemoen-
boompies in potte elkeen op sy eie kort
pilaar. “Ek glo die herhaling van sekere
elemente skep ritme en ritme skep
rustigheid – daarom die herhaling van
die potte op die pilare.”
Hy sê dis maklik om ’n soortgelyke
effek te bewerkstellig maar kies altyd
potte in dieselfde vorm en grootte eerder
as verskillendes anders kan dit gou die
teenoorgestelde effek hê en in visuele
chaos ontaard.
Wenk Veral in ’n klein tuin is houers met
aantreklike en interessante vorms ’n
seën skryf Nancy. Hulle dien as ’n
dekoratiewe element asook ’n tuiste vir
allerlei plante. Hulle kan met bome
struike jaarplante en selfs kruie en
groente beplant word.

Doen spesiale moeite om
houers by die styl van jou huis
te laat pas: eietyds by eietyds
klassiek by ’n tydvak-huis.


  • Plant ’n hangmandjie vol
    rankende kappertjies vir ’n
    ouderwetse kothuistuin-
    voorkoms.

  • ’n Ry mopkop-struike in hoë


ƉŽƩĞŝƐ͛ŶŐĞƉĂƐƚĞ
verwelkoming by die ingang
van ’n moderne huis.


  • Vir ’n Oosterse atmosfeer
    plant ’n bamboes in ’n blink
    geglasuurde pot met Oosterse
    ŵŽƟĞǁĞ͘
    Bron Tuinmaak maklik gemaak
    deur Nancy Gardiner


1


tuin dekor

Free download pdf