Tuis. 08

(Tuis.) #1

lesertuin


Patrone op die vloer
Wat is nou lekkerder as verskillende teksture onder
jou voete? In Geraldene Downey Paton se tuin in
Durban (links) het Jan Blok van Blok Designs die
vloer versier met ’n kombinasie van stapblokke
spoorwegdwarslêers spoelklippe stompe en
grondbedekkers.
Helga du Randt se klein tuintjie in Pretoria (onder)
spog met ’n “Persiese tapyt” op die grond. Die effek is
geskep met ’n ysterraamwerk wat spesiaal vir haar
ontwerp is deur André van Garden Bleu – dit vorm die
binnelyne van die “mat”. Spoelklippe in verskillende
kleure en groen pepermentmos (Mentha requienii )
vul die patroon in terwyl ’n pot vol geil Euphorbia
‘Diamond Frost’ in die middel dit afrond. Nou lyk haar
tuinvloer ekstra mooi van die stoep af.

Werkstasie


’n Tafel waar jy steggies kan maak saadjies
uitplant of moeë plante nuwe lewe probeer gee
is ’n moet vir almal wat lief is vir tuinmaak.
Geraldene sê dis hier waar sy graag op ’n
Sondag met haar plante woeker of sit en lees.
“Ek is mal daaroor om iets uit niks te maak. Dié
werkstasie bestaan eintlik uit twee vervoerkratte
wat ons iewers opgetel het. My planttafel is
altyd ’n aanknopingspunt vir geselsies want
ons kyk daarop uit wanneer ons op die stoep
kuier” vertel sy.
Die prentjie word afgerond met staalwerk
potte en horings teen die muur. Selfs ’n
geroeste gieter en ou emaljebeker is ingespan
as potplanthouers tussen haar versameling
terracotta-potte. >>


2


3

Free download pdf