Tuis. 12

(Tuis.) #1

Haar wenke


Jenny sê sy is glad nie ’n tuinkenner wat weet
hoe om ’n tuin uit te lê of watter plante om te
kombineer nie. Sy leer soos sy aangaan en vind met
haar eie tuin uit wat werk en wat nie. Hier is haar raad:


Vir tuinmaak



  • Wanneer jy die lyne van jou huis grensmure en
    swembad gebruik om blokke te vorm maak dit dinge
    meer hanteerbaar. Deur dit blok vir blok te beplant het
    ek meer selfvertroue gekry. Ek sprinkel die lyne met meel
    en staan dan terug om te kyk of dit gaan werk. Dan pak
    ek die lyne met rooi bakstene
    om die finale blokke te vorm

  • ek hou van die sterk reguit
    lyne wat die rooi stene skep.

  • Benewens verhewe blom-
    beddings vir hoogte maak ek
    piramides met houtsparre en
    draad of gebruik groot potte.
    Die piramides en potte vorm
    fokuspunte en lyk altyd mooi
    met ’n interessante plant wat
    daarin of daarteen groei.

  • As dit by plantkeuses kom
    kombineer ek so drie soorte plante in ’n bedding – dis
    ’n veiliger opsie as ’n groter verskeidenheid. Ek kies
    plante volgens hoe dit deur die loop van die jaar lyk
    eerder as hoe dit lyk wanneer dit blom; mooi blomme is
    vir my ’n bonus. Plante moet ook waterwys wees en
    maklik verplant of van steggies groei. Ek huiwer nie om
    plante uit te haal wat sukkel as gevolg van swak grond of
    honde wat dit verrinneweer nie. Dan vervang ek hulle
    met melkemmers en sinkbaddens vol vetplante met
    klippe tussenin.


Vir tuindekor



  • Leer ken die mense by jou plaaslike skrootwerf sodat
    hulle vir jou gepaste skroot kan uithou. Wees geduldig
    dit neem jare om ’n mooi versameling op te bou.

  • Kombineer kontrasterende kleure. As die trommel
    byvoorbeeld groen of blou is sit ek ’n rooi emaljebak
    bo-op vir kontras. Ek gebruik nie sommer ysterware in te
    helder kleure nie want die antieke voorkoms van
    verweerde yster is vir my pragtig.

  • Probeer om nie verskillende style te meng nie. Glo in
    jou smaak en styl en hou daarby; sodoende sal enigiets
    wat jy byvoeg pas by wat reeds daar is.

  • As jy iets sien wat vir jou mooi is en dit is billik koop dit
    al weet jy nie nou waar jy dit gaan gebruik nie. Jy sal
    altyd ’n gaatjie daarvoor kry.

  • Ek glo hoe meer hoe beter. Net ’n trommel is nie
    genoeg nie ek versier dit met metaalharte wat ek by
    Pep Stores of MRP Home koop om dit nog mooier
    te laat lyk!


“Die grassnyer
(regs) was ’n groot
gelukskoot. Waarvan
ek die meeste hou is
die kleurkombinasie
daarvan en dat die
koord wat jy trek om
die grassnyer aan die
gang te kry steeds
daaraan vas is!”

VERSKAFFERS
Andy’s Scrap Metal Dealers 082 700 1633
The Lazy Gardener 083 262 5502
Free download pdf