Tuis. 12

(Tuis.) #1

“Oor die feestyd is dit vir ons belangrik dat ons huis gul en
gemaklik is en dat elkeen ’n lêplek het” vertel Alda Fick in haar
kenmerkende Overbergse aksent op hul plaas ook Dassies-
fontein ’n paar minute se grondpadry van die gelyknamige
padstal af. “Ons slaan sommer ’n paar tente in die tuin op
as dit moet!”
Vir haar is Kersfees ’n gemaklike affêre sonder fieterjasies.
Pleks van ’n boom en blinkgoed verkies sy ’n bos kruie uit haar
groente-en-kruietuin met Kersliggies.
Sassie hou al sy lewe lank op Dassiesfontein Kersfees want sy
pa het dié skaap-en-saaiplaas in sy geboortejaar gekoop. Deesdae
is hy egter voltyds betrokke by die bestuur van die padstal-en-
plaasmeul langs die N2 sowat 14 km voor Caledon op regterhand
as jy van die Kaap af ry.
Die padstal wat kort ná hulle troue in 1990 eers as ’n enkele



  • en kort voor lank drie – groentewaentjies begin het is deesdae
    ’n gewilde stilhouplek. Daar’s ’n restaurant en ’n winkel met
    geskenke en dekor en allerlei tuisgemaakte lekkernye soos kaas
    wyn biltong konfyt bokkoms pasteie en plaasbrood.
    Die afgelope 27 jaar word Kersfees om die beurt by die Ficks en
    die Rouxs (Alda se familie) gevier.
    Waar hulle ook al kuier dis ’n erg gesellige gedoente wat gaan
    oor familie en samesyn. En natuurlik bly die kos nie agterweë nie.
    Wanneer dit die Ficks se beurt is word selfs ’n WhatsApp-groepie
    gestig waar almal gesels oor wie wat na die Kerstafel bring. Maar
    een gereg is ’n tradisie waarvan nie afgewyk sal word nie: Alda se
    lamsboud. Haar suster Cornel Roux maak ook ’n hemelse
    hoenderpastei. En nee dis nie Dassiesfontein se hoenders wat in
    die pot beland nie; hulle is lêhoenders wat plaaseiers aan die
    padstal voorsien.


Geskenke–enkos!


Geskenke word tradisioneel Oukersaand uitgedeel nadat almal
saam gekuier het om ’n knetterende vuur. Die kombuis is dan
reeds vir Kersdag gereserveer daarom maak hulle hamburgers
oor die kole. “Ons braai tuisgemaaktepattiesen elke ou pak sy
eie burger soos hy hom wil hê” verduidelik Alda.
“Die groot sports begin as ons geskenke uitdeel. Elke gas bring
een geskenk van R150. Elkeen trek ’n nommer en dan gaan kies
ons ’n geskenk uit in die volgorde van die nommers. As dit jou
beurt is mag jy iemand se geskenk ‘terugsteel’ en dan moet dié
persoon weer een gaan haal. Die biltong en wyn word natuurlik
die meeste teruggesteel!”
Kersoggend gaan dié wat wakker is (en nie kinderoppasser
speel nie) kerk toe op Caledon. Terwyl Alda met haar vintage-
breekware silwer-eetgerei en tafeldoeke van haar ouma Cornelie
Fourie ’n feestafel dek in die ruim sonkamer maak Sassie seker
die eerste hongerpyne word gestil met ’n “voor-voorgereg” –
tuisgemaakte wildswors van springbok gemsbok en vetstertskaap
uit Namibië waar die Ficks elke Julie gaan jag. Dié wors maak dit
nooit tot op die etenstafel nie. “Dit word sommer net daar om die
vuur en kuiertafel van die rooster af geëet” vertel Alda.
En dan is dit ’n feesmaal van skaapboud wat so sag en sappig
is dat dit met ’n lepel geskep word hoenderpastei eisbein kool
met witsous beet-en-vyeslaai en die plaasbrood en -botter wat so
gewild is by die Ficks se padstal. >>


Maresa (Sassie se susterskind) en Robert Samuel kom kuier gereeld
met Adriaan (5) en Juan (amper 3). Die bank kom uit Alda se ouers se
huis en haar pa Coen Roux het al sy lae verf vir haar afgeskraap.

Dié braaistoep reg langs die sonkamer (regs)
is heerlik koel op warm somerdae.
Free download pdf