Tuis. 12

(Tuis.) #1
Voor is Carol-Ann en Hannes; agter van links is André
van Rensburg die sjef en bestuurder by Our Yard se
restaurant wat ook die kos vir die artikel berei het
Jannien Amori en Johan van Jaarsveld. (Die Van
Jaarsvelds se seuns Marco asook Morné sy vrou Izienne
en hul kinders Alwyn en Zack kon nie hier wees nie.)

“Kersfees is nooit ’n groot affêre nie” vertel Carol-Ann. “Ons bestee eerder meer tyd aan
speletjies swem en kuier as aan kosmaak maar dek altyd ’n mooi tafel. Oukersaand braai
ons gewoonlik en deel daarna geskenke uit. Die groot oomblik is wanneer ons almal luister
hoe oupa Hannes die Kersverhaal lees saam bid en dan Kersliedere sing.”
Dié Kersliedere veral “Stille Nag” neem Carol-Ann op ’n nostalgiese reis na haar
kinderdae in die Vrystaat. “Dan onthou ek my ouma Pauline Thompson en later my ma
Pauline Smit se koue brandewynpoeding met tiekies of charms in” sê sy met heimwee.

Alles in eenvoud
’n Karoo-Kersfees is ’n warm affêre
daarom eet die Van Jaarsvelds graag
binne. Die braaikamer het immers
lugversorging en is heerlik koel met
die stapeldeure toe. Die Australiese
prieelplant (Pandorea jasminoides) dra by
tot die feestelike romantiese atmosfeer.

Free download pdf