Tuis. 12

(Tuis.) #1

Skenkelpot met


koffie en dadels


’n Heel skenkel per persoon maak opdiening
maklik en lyk mooi feestelik maar laat die
grootte van die skenkels jou lei – skywe
skenkelvleis gaan net so vorentoe smaak en
sal makliker opdien indien jou gastelys te
lank is vir sulke oordaad.


Genoeg vir 6 • Bereidingstyd: 45 minute
Gaarmaaktyd: 3 uur



  • 30 ml olie

  • 6 kleinerige heel lamskenkels
    (sowat 18 kg)

  • 2 groot uie grofgekap

  • 3 knoffelhuisies gekap

  • 400 ml sterk koffie

  • 200 ml beesvleisaftreksel

  • 570 ml tamatiesap

  • 2 blikke gekapte tamaties

  • 120 g droëappelkose

  • 125 g dadels ontpit en gekap

  • 50 g sultanas

  • 80 g amandels grofgekap

  • 30 ml heuning

  • 12 babawortels

  • 12 babamielies

  • 12 klein pers rape

  • 12 klein wit rape

  • 12 peulertjies

  • gekapte vars koljander vir garnering
    SPESERYMENGSEL

  • 5 ml rooipeper

  • 10 ml growwe swartpeper

  • 25 ml gerookte paprika

  • 25 ml fyn gemmer

  • 15 ml borrie

  • 5 ml fyn kaneel


1 Meng al die speserye vir die spesery-
mengsel; vryf dit dan goed in die vleis in.
Verhit die olie in ’n swart pot oor die kole (of
gebruik ’n dikboompot op die stoof) en braai
die vleis mooi bruin in sarsies. Skep uit en
geur met sout. Braai nou die uie en knoffel
tot sag en glansend. Sit die vleis terug in die
pot en roer die koffie aftreksel tamatiesap
en geblikte tamaties by.
2 Voeg die droëvrugte en neute asook die
heuning by die vleis. Laat prut oor lae hitte
totdat die skenkels sag is maar nie van die
been afval nie. Roer af en toe sodat dit nie
vasbrand nie; dit sal sowat 2–2½ uur neem.
3 Voeg dan die groente by en vul die
vloeistof met aftreksel aan as die potjie begin
droog lyk. Sit die deksel op en laat stoom vir
nog so 20–30 minute. Strooi laastens die
koljander oor.


Stampmielies

Moenie dat die baie spoel jou afskrik nie


  • die stampmielies gaan harte steel. Die
    bereidingstyd is baie lank maar elke
    oomblik werd.


Genoeg vir 6


  • 4 x 250 ml stampmielies
    goed afgespoel in koue water

  • ’n klont sagte botter

  • 200 g varkspek in blokkies gesny

  • 1 mediumgroot ui in
    blokkies gesny

  • sout

  • swartpeper na smaak


1 Sit die gespoelde stampmielies in ’n groot
bak en bedek met kookwater. Laat staan vir
8 uur. Spoel die mielies weer af tot die
spoelwater helder is en keer dit uit in ’n groot
pot. Bedek weer met kookwater en bring tot
kookpunt. Draai die hitte af tot laag en laat prut
vir 20 minute met die deksel op. Spoel weer
met koue water. Herhaal en laat prut weer vir
1 uur. Roer af en toe.
2 Smelt die botter in ’n pot en braai die spek en
ui saam tot ligbruin en geurig. Roer dit by die
stampmielies in die pot en geur met sout en
peper. Vul die water aan om weer alles mooi te
bedek en laat prut vir 45 minute tot al die water
verdamp en die mielies sag is. Sit warm voor. >>

Stampmielies


Skenkelpot

Desember 2017 tuis 61

Free download pdf