Tuis. 01

(Tuis.) #1

SA PORK PROMOSIE



  • 800 g varkboud- of
    lendesteakblokkies

  • sowat 45 ml srirachasous plus
    ekstra na smaak

  • 12 repe spek in die helfte gesny

  • 1 groot pynappel in happiegroot
    stukke gesny

  • 1 groot ui in kwarte gesny en
    opgebreek in “blare”

  • 12 lourierblare

  • ’n skeut olyfolie

  • 3 ml droë Italiaanse kruiemengsel
    SOUS

  • 60 ml Bulgaarse jogurt

  • 60 ml mayonnaise

  • 15 ml elk ment en basilie gekap

  • sowat 15 ml vars suurlemoen- of
    lemmetjiesap


1 Week 6 lang sosatiestokkies vir sowat
’n uur in water (dit sal keer dat dit vlam
vat tydens die gaarmaakproses).
2 Verf die varkblokkies met die
sriracha sous en draai ’n reep spek om
elke blokkie – dit keer dat al die sous
afgly en geur die vleis heerlik. Ryg die
varkblokkies afgewissel met stukke
pynappel ui en lourierblare op die
stokkies. Wenk Steek die stokkie deur
die spek om die varkblokkies. Bedruip
met ’n skeut olyfolie en strooi die kruie
en swartpeper oor.
3 Meng al die bestanddele vir die sous
en geur met sout en swartpeper.
4 Braai die sosaties oor matige kole of
in ’n riffelpan tot gaar maar steeds
sappig. Verf met ’n bietjie ekstra
srirachasous terwyl dit braai. Dit
behoort nie langer as 10–15 minute
te neem nie. Onthou om die vleis te laat
rus voor opdiening. Sit voor met die
jogurtsousie lemmetjiewiggies en ’n
lekker rys- of koeskoesslaai.


Vark-en-


pynappelsosaties


met spek en


sriracha


Sriracha-rissiesous is propvol
Thai-geure met byt en onverbeterlik
saam met varkvleis.

Free download pdf