Tuis. 01

(Tuis.) #1
Stylvol langs die water
Linda en Almarie het eenderse dekorstyle
insluitend ’n voorliefde vir blou. “Ons vriende terg
ons altyd oor al die skakerings van blou in ons huis


  • selfs ons troudekor het heelwat variasies van dié
    kleur ingesluit!” sê Almarie laggend.
    Die dekor in die huis is geïnspireer deur Cape
    Cod-huise met hul wit interieur en speelse kleur-
    aksente. Die paartjie hou daarvan dat hul huis
    soos ’n vakansieplek voel; dat hulle by ’n gewilde
    vakansiebestemming woon dra net by tot die
    feestelike gevoel.
    “Ons hou van die besige én rustige tye” sê
    Linda. “Wanneer al die vakansiegangers huis toe
    gaan is ons bly dat ons klaar tuis is.” >>


Linda en Almarie het self die strepe
(die grys is Dulux Night Jewels 5) teen
die muur geverf met behulp van ’n
reguit plank en maskeerband. Met die
Victoriaanse pootjiesbad teen ’n hoek
by die ingang van die badkamer voel dit
amper of jy in die slaapkamer bad!


Hanglampe van African Affair;
blomkwilt van Ariella

Free download pdf