Oop houtbalke in die hoofslaapkamer bo versterk
die gevoel van ruimte en oopheid. Die badkamer
maak deel uit van die vertrek met ân skerm
vir privaatheid by die bad; die toilet is apart.
Madeleine het die bed by ân pandjieswinkel
op George gekoop. Sy het die mat met Indiese
kettingsteek-borduurwerk al vir donkiejare en het
dit voorheen as bedsprei gebruik.
Ligte van African Affair; geblomde bedsprei
van Arabesque
tuis.
(Tuis.)
#1