Tuis. 01

(Tuis.) #1

Plaashuisstyl


Die huis wat gedurende 2013 en 2014 gebou is is ontwerp deur Johan se argitek-
broer Boets. “Ons het die erf al sowat 25 jaar en het lank gedroom om ons eie plek
vir die volgende geslag te skep. Daarom het ons vier en suite-slaapkamers sodat
elkeen van ons drie kinders hul maats en ook hul gesinne later ’n eie plekkie kan
hê” sê Johan.
Die sjarme van die huis lê in die amper gestroopte plaashuisstyl met eenvoudige
lyne en rustieke afwerkings. “Ons het alles rondom die plaastema gekies” vertel
Madeleine. “Daar’s oop dakkappe bo balustrades van hout met staalkabels en ’n
sinkdak; en die garage het ’n waenhuis-tipe skuifdeur.”
Maar alles is nie net vir die mooi nie; dinge moet ook prakties wees. Die hout-
hortjies voor die vensters help byvoorbeeld met die regulering van hitte en sonlig.
Selfs die “silo” dien ’n dubbele doel (sien bladsy 44). Johan vertel dat elke huis op
Vleesbaai ’n watertenk moet hê. “Ons het besluit om sommer ’n fokuspunt daarvan te
maak wat by die plaastema aansluit en het die tenk met sink beklee sodat dit soos ’n
silo lyk. Dit het toe die ideale ruimte vir ’n buitestort geskep.” >>


Eenvoudige outydse houtbeddens in
een van die gastekamers (bo links).
Vaalgroen blou eiervrugpers en rooi
word dwarsdeur die huis as aksentkleure
gebruik. Die mure en ander afwerkings is
deurgaans in neutrale ligte kleure om ’n
gevoel van eenvoud en ruimte te skep.
In die badkamer (bo regs) het Madeleine
antieke geborduurde lakens en linne-
materiaal wat sy in Frankryk en Italië
gekoop het gebruik om blindings van
te maak.
Handdoeke van Arabesque

Soms raak die huis aan die einde van die jaar regtig vol met familie


en vriende; dan kan ons die saamwees behoorlik uitleef. – Johan


42 tuis Januarie 2017

Free download pdf