Tuis. 02

(Tuis.) #1

I


n die romantiese Karoo-dorp Prins Albert is
Dewald en Erika van Zyl se Ta Mala’s
Cottages ’n gewilde toevlug onder
stadsjapies. En as jy kyk na hul jongste
toevoeging ’n netjies opgeknapte ou
“brakdakkie” (’n huisie met ’n dak van latte en
klei so tipies van die Klein Karoo) is dit geen
wonder stersoekers kies om hier te bly wanneer
hulle die naghemel kom bewonder nie.
Die 35 m^2 -huisie met die bynaam Meerkat is
rustiek maar het elke gerief wat jy kan vra en ’n
plattelandse bekoring soos min.

Hoewel die oorspronklike voorkant van die
huisie behou is uit respek vir sy 200 jaar oue
erfenis het die binneruimte ’n algehele
gedaantewisseling ondergaan – ’n liefdestaak wat
die Van Zyls bykans sewe weke geneem het.
Mure is platgeslaan om oopplanvertrekke te
skep die dak is vervang ’n badkamer is
aangebou en groot vensters ingesit vir meer lig.
Die oorspronklike sementvloere is behou maar
het ’n vars laag verf gekry. Die mure wat bly
staan het is steeds skeef soos ’n mens van so ’n
karaktervolle ou huis sou verwag. >>

Die tuin wat ontwerp is met
die strawwe Karoo-somers
in gedagte spog nou met
helder kleurspatsels in
die vorm van spekbome
rooi malvas blomdraende
rankplante en wildeknoffel.

Gaste wat
by Meerkat
oorbly word
aangemoedig
om iets op dié
muur te skryf.

54 tuis Februarie 2017


R1484


Boukoste

per m^2
Free download pdf