Tuis. 02

(Tuis.) #1

Voor


Al die deure en vensterrame is geverf in Dulux se
Bonar Blue (Dewald en Erika noem dit sommer “Karoo-
blou”). Die bad was bedoel vir die badkamer maar
omdat dit onherstelbaar beskadig is met die aansweis
van die pote het hulle dit met Dulux Golden Yellow
geverf; nou vorm dit ’n treffende fokuspunt buite.

In die oorspronklike vuurherd
pryk nou ’n smeulstofie
(links). ’n Wit kissie wat ’n
skamele R10 by die plaaslike
rommelwerf gekos het dra by
tot die ouwêreldse gevoel.


Die ou metaalkis
(regs) was ’n
rommelwerf-
vonds terwyl die
gruisklip plaaslik
teen ’n appel en
’n ei gekoop is.

Sterjasmyn en
swartoognooi helder die
braaiplek op. Die braaiplek
(regs) is tydens die huis se
opknap aangebou.
Free download pdf