Tuis. 03

(Tuis.) #1

104 tuis Maart 2017


Saamgestel deur Gillian Eva • Foto’s: Francois Oberholster en verskaf

Take vir Maart


Waterbesparing bly groot nuus regoor die wêreld



  • maak ’n verskil op Wêreldwaterdag op 22 Maart.


Deur Kay Montgomery

Strooi deklae in jou beddings.

Vetplante kom in verskillende vorms en kleure.
Vetplante vaar goed in potte.

Echeveria

Euphorbia tirucalli ‘Rosea’

Plakkie

Wenk van die maand
Maart is ’n goeie tyd
om die tuin skoon te
maak bome en
struike te plant en
beddings voor te
berei vir lente-
blommende bolle en
jaarplante.

^ƚƵƵƌŝŶůŝŐƟŶŐŶĂƚƵŝŶĞΛƚƵŝƐ͘ĐŽ͘njĂ.


Tuindagboek


’n Slim keuse
Vetplante is gehard en kan strawwe
toestande hanteer veral ten tyde van water-
beperkings of lae reënval. Hul blare stele of
wortels is aangepas om voedingstowwe en water
te bewaar. Party het blare met ’n klein
oppervlakte terwyl ander ’n wasagtige bolaag het
of met fyn haartjies bedek is.
Sekere vetplante vra helder indirekte lig om
sonbrand te vermy terwyl ander rypsensitief is.
Maak dus seker jy lees die etiket voor jy ’n plant
koop. Van die gewildste plante in waterwys tuine
en houers isAeoniumEcheveriaCrassula
KalanchoeenSedum. Plant hulle in patrone of
groepe om hul treffende vorms en kleure te
beklemtoon; dié plante maak ook goeie
brandvertragers uit.
Ander treffende vetplante sluit inKleinia
mandraliscae(sin.Senecio mandraliscae) met sy
spreidende blou potloodvormige loof wat ’n goeie
kontras vorm met plakkies (Cotyledon orbiculata)
se oranjerooi blare ofKalanchoe thyrsiflora wat
groot blare met rooi punte dra. Die geel-oranje
blomme en dun groen vetplantagtige blare van
die grondbedekker rankkopieva (Bulbine
frutescens) werk goed saam met die oranjerooi
vorm van Euphorbia tirucalli ‘Rosea’.

Doen jou deel en bespaar water
Die tema vir 2017 se Wêreldwaterdag is “Water en Afvalwater” en fokus
op hoe afvalwater as hulpbron in ons ekonomie benut kan word en ’n doel-
treffende belegging in die gesondheid van mense en ekostelsels kan wees.
By jou eie huis kan jy belê in ’n gryswaterstelsel om huishoudelike water in
die tuin te hergebruik – van water uit die bad stort en wasbak tot die
wasmasjien (mits jy bio-afbreekbare waspoeier gebruik). Onthou kombuiswater
is nie geskik nie omdat dit vet bevat – en gebruik gryswater liefs binne 24 uur.
Bespaar ook deur druppende krane na te gaan reënwater van die dak op te
vang en deklae oor beddings te strooi.
Kweek waterwys inheemse plante wat geskik is vir jou omgewing en verwyder
indringerplante wat meeding vir voedingstowwe en water. Skep verskillende
“natmaaksones” en groepeer plante met eenderse waterbehoeftes saam.
Free download pdf