Tuis. 03

(Tuis.) #1

124 tuis Maart 2017


Groet die somer met verfrissende


drankies en watertandkos.


Food
&
kos drank

Deur Johané Neilson
Kook saam
met die huiskok
Errieda du Toit seTuistafel
(R375 Human & Rousseau)
is vol stories kosvriende en
resepte vir gesins-
etes en lekkernye
uit jou kinderjare
asook ’n hele paar
avontuurlike kos-
plesiere. Errieda
se man Ian se
“vrybrood” met
botter en kaas is
’n moet!

Blosende skoonheid
Berry die nuweling in
Le Creuset se
kleurpalet spog
met ’n glinsterpienk
afwerking en goue
aksente. Besoek
lecreuset.co.za.

Pot se deksel
Eetrite se Multi-Lid
(R17850 by homeetc.co.za
en boardmans.co.za) is gemaak
van skokbestande getemperde
glas en hittebestande silikoon
met hittebestande
handvatsels. Dis
ontwerp om knus
te pas op 24 cm-
26 cm- en
28 cm-potte en
-panne; boonop
is dit geskik vir
die stoof én
die oond!

Tjop-tjop


Handgesmede
sjefsmes R695

weylandts.co.za


Heerlike eetervaring


Die Avondale-wynlandgoed buite die
Paarl is bekend vir sy organiese en
biodinamiese boerderypraktyke en
hul restaurant Faber onder leiding
van die sjef Eric Bulpitt omarm
dieselfde heilsame waardes. Met
seisonale produkte uit hul kostuin
en boorde en vars eiers uit die
werfhoenders se verskuifbare hok
sal jy beslis die verskil proe. Hulle is
Woensdag tot Sondag oop vir
middagete (12:00–14:00) en Vrydae
en Saterdae vir aandete (19:00–
21:00). Skakel 021 202 1219 of
bespreek by avondalewine.co.za.


Jamie is hier!
Ons is dol oor sy boeke TV-
programme FoodTube en die
tydskrif Jamie – en nou kan
ons ook smul aan ons
gunsteling-glanssjef se
kosskeppings by Suid-Afrika
se eerste Jamie’s Italian-
restaurant in Melrose Arch
Johannesburg! Geniet egte
Italiaanse kos in ’n gesellige
atmosfeer (die kinderspyskaart
is ook heel oulik). Sien meer
by jamiesitalian.co.za.
Free download pdf