Tuis. 03

(Tuis.) #1
Sias het die drabalk tussen
die eet- en sitkamer self
gemaak van gelamineerde
gebeitste dennehoutplanke.
Die koffietafel was ook
sy handewerk net soos
die ingeboude kaste en
kaggelrak.

Hulle het in 2013 ingetrek en drie jaar later is dié ou
eiendom ’n stylvolle plattelandse dorpshuis met
heelwat interessante detail.
Hulle het mure uitgebreek vir meer oop ruimtes en
skuifraamvensters en dubbele oopswaaideure
geïnstalleer om meer natuurlike lig in te laat. Lisa het
die ontwerp en versiering behartig terwyl Sias die
hout- teël- verf- bou- en loodgieterswerk gedoen het.
Hy het ook heelwat van die meubels self gemaak.
“Ons was ’n gedugte selfdoenspan” sê Lisa. >>

Die paartjie het die huis gekoop slegs op grond van
foto’s daarvan. Teen die tyd dat Lisa die huis die
eerste keer gesien het was dit reeds op hul naam
geregistreer. Maar die foto’s was genoeg. “Uit
daardie foto’s kon ons onsself ’n ruimte propvol
ouwêreldse sjarme verbeel: houtvloere hoë
plafonne en ’n stoep reg rondom” sê Lisa.
“In werklikheid was dit ’n ou spoorweghuis
op ’n groot deurmekaar erf met ou staalraam-
vensters en donker beknopte vertrekke.”

Ou spoorweghuis


Maart 2017 tuis 65

Free download pdf