Tuis. 03

(Tuis.) #1

Maart 2017 tuis 73


doen dit self


Wat jy nodig het


1


34


2


1 Skroef twee van die 530 x 70 mm-planke tussen die ente van
die 1 080 x 70 mm-planke vas om die raam te vorm. Plaas twee
van die oorblywende drie 530 mm-planke in die hoeke en een in
die middel van die raam en skroef vas. Jy gaan later die blad aan
dié stutte vassit.


3 Plaas ’n poot op elke hoek van die tafelraam en skroef dit van
die binnekant af vas. Sit die raam met pote onderstebo op die
blad neer en skroef dit by die stutte aan die blad vas.


4 Vul alle skroefgate netjies met houtvuller en laat dit goed
droog word. Skuur die tafel glad en verf of vernis dit in die kleur
van jou keuse.


INKOPIELYS


  • een blad 18 mm-laaghout soos volg gesaag:
    vyf 530 x 70 mm (tafelraam en -stutte)
    twee 1 080 x 70 mm (tafelraam)
    vier 750 x 200 mm (tafelpote)
    vier 750 x 180 mm (tafelpote)
    een 1 200 x 650 mm (tafelblad)
    vyf 200 x 100 mm (bankieraam en -stutte)
    twee 910 x 100 mm (bankieraam)
    vier 430 x 100 mm (bankiepote)


Die tafel...


GEREEDSKAP


  • koordlose boor en 3 mm-boorpunt

  • potlood

  • maatband

  • figuursaag

  • klamp

  • skuurmasjien

  • kwas


vier 430 x 80 mm (bankiepote)
een 970 x 300 mm (bankie-sitplek)


  • een pakkie 6 mm x 40 mm-
    spaanderbordskroewe

  • stuk hardebord

  • houtvuller

  • 150-grint-skuurpapier

  • vernis of verf


2 Teken ’n patroon vir jou pote op hardebord en trek dit op die
750 x 200 mm- en die 750 x 180 mm-planke vir die tafelpote af.
Saag die patroon uit met die figuursaag. Skroef die 180 mm-planke
haaks aan die 200 mm-planke vas om die pote te vorm.
Free download pdf