106 tuis April 2017
Franse dragon is die koningin van
Franse kookkruie met anysgeurige
blare wat romerige souse en soppe
ân onvergeetlike aroma gee.
Kweek dit so Saailinge het volson nodig en
hou van klam maar nie deurdrenkte grond
nie. Dié plante (40 cm hoog en wyd) sal in die
winter dormant raak maar los dit in die
grond want dit sal weer in die lente uitloop.
Vervang plante elke vier jaar omdat hulle
mettertyd hul groeikrag verloor.
Wenk van die maand Oes en lê dragon nou in
voordat dit in die winter dormant raak. Droog
of vries die blare. Vries dit so: Kap die blare
sit dit in ysbakkies en bedek met water;
wanneer die blokkies gevries is kan jy dit in
sakkies of houers in die vrieskas bêre.
Het jy geweet?
- Die aromatiese loof hou insekte weg.
- Wanneer dit langs ander gewasse veral
eiervrug groei verbeter dit die groei en
smaak van dié gewasse. - Russiese dragon ân kultivar wat van
saad gekweek word is baie bitterder. Dit
het ook nie aromatiese olie soos die Franse
weergawe nie.
Gebruike Dis een van die kruie wat (saam
met kerwel grasuie en pietersielie) deel
uitmaak van die Franse fines herbes. Dié
kruiemengsel word by souse soos sauce
Béarnaise en sauce verte (groensous) vir
salm gevoeg asook by omelette. Dit word ook
gebruik in kruiebotters wat op geroosterde
vleis pluimvee of vis gesmeer word. Omdat
hitte die geur uitbring is net ân paar blare
genoeg om karakter aan ân gereg te gee.
KONTAK healthyliving-herbs.co.za
Franse dragon
(Artemisia dracunculus var. sativa)
KRUI VAN DIE
MAAND
GaillardiaâSun Flareâ en âRed Sunâ is
twee treffende nuwe plante wat jou
tuin sal ophelder.Gaillardias wat
algemeen as kombersblomme
bekend staan aard die beste in
warm sonnige weer en vrugbare
goed gedreineerde grond maar kan
arm grond verdra. âSun Flareâ
(20â25 cm hoog) het langwerpige
goudkleurige blomblare met ân
kontrasterende rooi middel terwyl
âRed Sunâ (35 cm hoog) amper
heeltemal rooi is met geel
punte. Albei groei sowat 50â60 cm
wyd en het ân lang blomtyd wat dit
ân uitstekende meerjarige
beddingplant maak. Vir die beste
vertoning groepeer vyf tot sewe
plante saam in ân gemengde
randakker. Dié plante sal ook goed
vaar in houers.
GaillardiaâRed Sunâ
GaillardiaâSun Flareâ
Anthurium andreanum oftewel die flaminklelie kom uit die tropiese reënwoude van
Sentraal-Amerika. Dis die ideale huisplant omdat dit so te sê onvernietigbaar is en min
sorg vra met besonderse blomskedes en blink hartvormige blare in skakerings van rooi
pienk oranje en wit. Die kompakte plante vaar die beste in ân warm plek met helder
gefiltreerde lig (nie direkte sonlig nie); die ideale binnenshuise temperatuur is 18â24°C.
VersorgingMaak net nat wanneer die grond droog voel â een of twee keer per week in
die somer en minder in die winter. En moenie dat dit in water staan nie â sit die pot op ân
piering vol klippies. Die water wat dreineer verskaf humiditeit sonder dat die pot aan die
water raak. Blare wat geel verkleur (nie bruin en verlep is nie) is ân teken van te veel
water. Dien vloeibare bemesting in die lente toe en
weer in die herfs.
Anthurium
BINNENSHUISE PLANT VAN DIE MAAND
Anthurium saam
met ân bromelia
(Aechmea
fasciata).
NUUT IN DIE KWEKERY