124 tuis April 2017
Klink ân glasie op goeie kos en geliefde familie!
Food
&
kos drank
Saamgestel deur Johané Neilson
Rooiwarm
Die nuwe Banting
Revolution-produkreeks
van Checkers sluit
meer as 30 produkte
soos broodmengsels
suiker-alternatiewe
(stevia en xilitol) en
amandel- en
klappermeel in.
Persoonlike aandag
Reuben at Home (R345 Quivertree)
die jongste kookboek deur die
welbekende plaaslike sjef Reuben Riffel
is ân lekkerlees-kookboek sonder
fieterjasies geïnspireer deur smake wat
hy uit sy verlede onthou. Reuben deel
boonop ân paar geheime oor hoe hy vir
familie en vriende kos maak
wanneer hy by die huis is. Sy
geheime bestanddeel? Liefde.
Olé!
Verbeel jou smullekker geregte deur die
sjef Martin Senekal tropiese dekor en ân
onverbeterlike uitsig op die see dan het
jy ân idee van wat om te verwag by La
Parada Del Mar in Victoriaweg
Kampsbaai. Die kos is perfek vir deel â
tuna met ân sesamsaadkors gebraaide
seekat ham-krokette en die wonderlikste
panna cotta met ân koffiegeur is net ân
paar van die hoogtepunte. Maak seker jy
het tyd om te kuier oor ân skemerkelkie ...
Sien die spyskaart by laparada.co.za.
Skink ân glasie
Die Bo-Vallei Chenin Blanc
(R60 bosmanwines.com)
van Bosman Family Vineyards
- in ân weggesteekte vallei aan
Bainskloof se kant van
Wellington â het geure van
vars sitrus gekombineer met
perskes en witpere. Dit pas by
ân verskeidenheid geregte van
slaaie en pasta tot geroosterde
seekos of pluimvee.
Swaai die appels
Cluver & Jack-sider (vanaf R19 Tops
at Spar) is verfrissend en droog met ân
natuurlike vars appelgeur. Dit word in
die Paul Cluver-wynkelder op Grabouw
gemaak en dié outentieke sider se basis
is ân Granny Smith-appel â die res is ân
goed bewaarde geheim! Besoek
cluverjack.com.
Hier kiep-kiep
Hoender-rasper met bakkie
R24995 pylones.co.za
Paaskuns
Eierkunsstel met
spesiale kleursel en
bykomstighede R6999
woolworths.co.za