Tuis. 04

(Tuis.) #1

HULETTS PROMOSIE


HASIEKOEKIES MET GLANSVERSIERSEL


  • 18 hasievormige vanieljekoekies

  • reënboog-strooisel

  • pienk vermicelli
    GLANSVERSIERSEL

  • 1 eierwit

  • sowat 250ml Huletts Icing Sugar gesif


1 Vir die glansversiersel klits die eierwit tot
skuimerig. Voeg die versiersuiker ’n lepel op
’n slag by en meng tot dit die regte dikte is.
Indien jy wit en pienk versiersel wil hê
verdeel die mengsel in twee en meng ’n
lepel vol Huletts Strawberry Flavoured Icing
Sugar by een helfte in.
2 Versier die hasiekoekies met ’n spuitsak
met ’n klein punt. Rond die hasie-ore af met
die vermicelli en reënboogstrooisel voor die
versiersel heeltemal hard is. Laat dit dan
verhard en bêre in ’n lugdigte houer.

WenkVir aarbeigeur-hasies vervang die
Huletts Icing Sugar in die deeg met Huletts
Strawberry Flavoured Icing Sugar.

GEWEEFDE HARTKOEKIES


  • 1 hoeveelheid basiese koekiedeeg

  • nog ’n mengsel koekiedeeg maar vervang die
    Huletts Icing Sugar met Huletts Chocolate
    Flavoured Icing Sugar


1 Rol albei stukke deeg sowat 5 mm dik uit. Gebruik
nou ’n liniaal om die vanielje- en sjokoladedeeg in
15 cm-repe te sny.
WenkWerk op bakpapier; dis makliker om te hanteer.
2 Verweef die twee kleure in ’n latwerk-patroon. Doen
dit in sarsies om te keer dat die deeg te sag raak.
3 Sny hartvorms uit en bak vir
sowat 15 minute per bakplaat
in ’n voorverhitte oond teen
180 °C of tot effens verkleur.
Laat heeltemal afkoel en bêre
in ’n lugdigte houer.

April 2017 tuis 123


(^23)

Free download pdf