Tuis. 09

(Tuis.) #1

Marinda Turvey van


Modimolle wou nog altyd ’n


huis bou wat “anders” is. Toe


maak sy so – met vier ou


skeepsvraghouers!


“Toe my dogter Semona in 2014 haar gemeenskapsjaar as
arbeidsterapeut by die hospitaal in Modimolle moes doen het
ons die ‘Blikhuis’ hier op ons plaas gebou as blyplek vir haar
en haar gesin” verduidelik Marinda. Hoewel die bouwerk nie
sonder uitdagings was nie is daar een ding waarvoor sy baie
dankbaar is: Geen munisipale goedkeuring was nodig vir hul
projek nie want dis op ’n plaas!
“Ek bedryf ’n trou-venue Tsekama reg oorkant die pad van
die ‘Blikhuis’ en sedert Semona haar hospitaaljaar voltooi het
verhuur ons die huis aan gaste.”
Dit was ’n gedugte span wat aan die vraghouerhuis gewerk
het. “Ek en Semona het albei grade in die
kunste” vertel Marinda. “Nadat my seun
Unetsie die basiese planne geteken het sodat
ons min of meer kon sien hoe dit gaan lyk het
ons die projek aangepak saam met my
skoonseun Charl wat in die bemarkingsbedryf
werk en sy pa Eugene Diener – self ’n kunstige
man.” ’n Vriend Willie Laing het die sweiswerk
gedoen. En manlief Willie? “Hy moes al die
praktiese en logistieke reëlings behartig!” >>


Die sit-en-eetkamer is
tussen twee van die
vraghouers ingerig – die
kombuis is in die een links
en regs is ’n slaapkamer.

Die kroegtoonbank
(regs) was lank
gelede ’n lorrie se
enjinkap; nadat
Charl dit op ’n
ashoop gevind en
nuwe lewe gegee
het is dit nou ’n
hoë-oktaan-kuierkol.
Free download pdf