Tuis. 09

(Tuis.) #1
As kind het Talita Röder ’n kunstenaar en kunsonderwyser altyd
haar pa gehelp met opknapprojekte. “Ek was sy regterhand” skerts
sy en vertel hoe haar pa altyd gesê het: “My kind jy het meer
moed as verstand.” Kyk jy so na haar ateljee wat eens op ’n tyd ’n
donker gunietswembad was besef jy gou sy moes hare op haar
tande hê vir dié ongewone veeleisende opknap.
Die swembad was reeds op die eiendom toe Talita en haar man
Dion dit 10 jaar gelede gekoop het. “Dit was so oorgroei dat die
vorige huurders nie eens geweet het dis daar nie” onthou sy. Die
Röders het geen nut daarvoor gehad nie. Toe kry Talita die gedagte
dat hulle die swembad kan opvul en in sy plek ’n ateljee bou waar
sy kan werk en klas gee.
Eers het Talita gemeen hulle kan die swembad uithaal maar die
groot gunietstruktuur van6x10mwasgebou om te hou – al
oplossing was om die bestaande struktuur by haar plan in te werk.
Sy het die messelaar en nutsman Vincent Xhoza se hulp ingeroep
en saam het hulle aan die werk gespring.
“Vincent was voorheen ’n boukontrakteur – en veel meer as net
’n messelaar. Hy was ongelooflik kreatief. Tussen die werk deur het
ek vir hom kunslesse gegee” sê Talita. Nadat die projek voltooi is
het Vincent kuns- en handwerkklasse by ’n skool vir geestelik
gestremde kinders begin gee. Hy is ongelukkig
verlede jaar oorlede.
Die swembad was teen ’n skuinste op rots-
agtige terrein geleë; dit was dus onmoontlik om
die gat met behulp van toerusting of vragmotors
te kom vul. Talita sê al oplossing was om van die
rotse rondom die swembad te gebruik – heel
waarskynlik uitgegrawe toe die swembad gebou
is – en kleiner stukke met ’n kruiwa in te bring.
Die kruiwa-plan was bra arbeidsintensief – dit
het meer as drie maande geneem. In daardie
tyd moes Talita ook ’n skoueroperasie onder-
gaan. “Terwyl hulle die klippe opgebreek het
het my skouer sodanig herstel dat ek weer kon
inspring en help!” sê sy en lag. >>

Die rakke in die
kombuishoekie is van
herwinde Sweedse
dennehoutkratte wat
Talita by ’n plaaslike
fabriek gekry het.


Die voorkant van die
gietysterbad (bo) is
met ’n slypmasjien
uitgesaag en die
rande is gladgeskuur;
dis geverf met
dieselfde mengsel
wat op die ateljee se
vloer is: bindvloeistof
grys stoepverf en
terpentyn.

September 2017 tuis 57


opknap

Free download pdf