Tuis. 09

(Tuis.) #1

Aan die werk ...


Talita het die swembadpomp verruil vir ’n ou
hout-dubbeldeur en ’n kosyn. “Die deure is liggies
skoongemaak maar grotendeels in sy natuurlik
verweerde toestand gelos om die gebou ’n bietjie
karakter te gee.”

Die lae muur was
eers die swembad
se binnerand.

’n Liefdestaak
Nadat die swembad opgevul is was Talita vol planne
vir die ateljee se voorkoms. Sy het ’n vryhand-
tekening gemaak van die gebou wat sy in gedagte
gehad het en dit aan ’n tekenaar oorhandig om te
finaliseer vir munisipale goedkeuring.
Maar toe wag nog ’n uitdaging op haar: Om die
fondasies buite-om die oorspronklike swembadmure
te grawe moes hulle ’n groot hamerboor gebruik om
die soliede rots daar op te breek. “Dit het ’n hele
maand gevat om te boor en beton te giet – weer
eens moes alles kruiwavrag vir kruiwavrag gebeur.”
Talita is dol oor herwin en sy sê dit was
onvermydelik dat sy materiaal sou gebruik wat van
vorige projekte oorgebly het – of wat sy van oraloor
gebedel geleen of afgerokkel het. Bakstene
insluitend klipharde 100 jaar oue Dundee-stene is
gebruik om die fondasie tot op vloervlak op te bou.
Die vloer is in seksies gegiet om voorsiening te maak
vir uitsetting en eenvoudig gladgestryk omdat Talita
graag die voorkoms van ontblote sement wou hê.
“Daarna kon ons met die ateljee self begin” sê sy
met ’n sug van verligting. Met Talita se hulp het
Vincent en sy neef begin bakstene lê en emmers vol
sement op- en afgedra. Die aanvanklike plan was
om Winblok-glassteenvensters te gebruik maar toe
hulle dit nie plaaslik kon opspoor nie het Talita
plaaslik vervaardigde aluminiumvensters gekies wat
goedkoper uitgewerk het as om Winblok-eenhede te
koop en van Gauteng te laat kom.
Die ateljee is in Desember 2014 formeel geopen.
“Sedertdien hou ons elke jaar in November ’n
ateljee-uitstalling. Dit was sonder twyfel die
uitdagendste van al die bou- en opknapprojekte wat
ek al aangepak het. Dit was ’n jaar se harde werk
lang ure en geweldig baie sement” sê ’n trotse
Talita. “Op die ou end is dit presies soos ek my dit
voorgestel het: ’n kapel-voorkoms semi-industrieel
duursaam en met ’n ongelooflike atmosfeer.”

Omdat die klippe te groot was om te skuif het
Talita en Vincent dit met vuur verhit en toe
koue water daaroor gegiet wat dit laat kraak
het. “Vincent het ’n familielid gevra om met die
proses te help en die meer hanteerbare stukke
wat oorgebly het te skuif.”
Free download pdf