Tuis. 09

(Tuis.) #1

Massering vir jou


troeteldier
Mandy Grobler van Kaapstad skryf
Ek het al gehoor dat masserings voordelig is
virtroeteldiere wat stramheid en angs ervaar.
Waaroor gaan dit en hoe werk dit?
Lorren Barham
eienaar en diere-hidro-
erapeut by Pet Wellness
Worx antwoord Troeteldier-
masserings klink dalk na ’n
vreemde idee maar dis van
groot hulp vir werkende
honde wat herstel van
beserings of operasies. In ons praktyk gebruik
ons medieseTu i N a-massering ’n komple-
mentêre terapie wat ’n positiewe invloed op die
liggaamlike en sielkundige welstand van jou
troeteldier het.
Van die voordele sluit in:


  • verbeterde bindweefsel en
    beweeglikheid in gewrigte;

  • groter soepelheid;

  • dit help spierspanning en
    spierpyn verlig;

  • dit kan swelling en
    litteken weefsel help
    verminder en die
    herstelproses aanhelp;

  • verlig spierspasmas
    en -pyn;

  • warm spiere op voor oefening;

  • reguleer hartklop en asemhaling wat help
    met ontspanning bloedsomloop en limf-
    dreinering.
    Tui Na-massering word nie tot werkende
    honde beperk nie; as jy ja antwoord op enige
    van die volgende vrae kan jou troetelhond baat
    vind by ’n massering:

  • Is jou hond hiperaktief?

  • Toon hy gedragsprobleme?

  • Is hy angstig of ly hy aan stres?

  • Is hy bejaard en loop hy swaar?

  • Het hy beweeglikheidsprobleme?

  • Herstel jou hond van ’n siekte of besering?

  • Ly hy aan spier-skelet-probleme?

  • Is hy onlangs geopereer?

  • Is hy van ’n groot ras?


Behandelings duur gewoonlik 15–30 minute
afhangend van jou troeteldier se behoeftes. Al
is ’n verwysing van jou gereelde veearts
voor delig is dit nie nodig nie.

KONTAK
021 558 4518 petwellnessworx.co.za

Stuur jou vrae na [email protected].

V&A

WEN!


Die eienaars van die diere wie se foto’s hier verskyn wen ’n middelslag-
Cupcake Bed vir katte of ’n ekstragroot Lazy Lounger vir honde van Wagworld
(wagworld.co.za). Albei produkte is by voorste veearts- en troeteldierwinkels te kry. Die
ligte gemaklike Lazy Lounger met sy moderne geometriese ontwerp word aanbeveel vir
binnenshuise gebruik; dis perfek vir ’n middagslapie óf heerlike nagrus. Die Cupcake
Bed is ’n gunsteling onder kleiner honderasse asook katte. Stuur jou foto’s (minstens
2MB elk) en volledige kontakbesonderhede na [email protected] – dalk is jou
dieremaat ook ’n wenner!Sien ons kompetisiereëls op bladsy 127.

g e t W m v g h

bi f

Proefkonyn
Sally is ’n ware smulpaap wat vir niks nee
dankie sê nie! – Hendrik O’Neil Kroonstad

Trots Suid-Afrikaans!

Ma se mooiste blom
Jacky lyk heel tuis tussen die jakobregops.


  • Saronja Swanepoel Vryburg


September 2017 tuis 85

Free download pdf