Tuis. 10

(Tuis.) #1
Ghoelasj met groenboontjies
Onder R130 • Genoeg vir 4 • Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute


  • 30 ml elk botter en olie

  • 500 g varkvleisblokkies

  • 250 g sampioene gehalveer

  • 1 blik (410 g) gekapte
    tamaties

    • tuisgemaakte aftreksel

    • 200 g groenboontjies
      geblansjeer

    • suurroom




Maklike risotto


Onder R85 • Genoeg vir 4 • Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 35 minute • Oondtemperatuur: 180 °C


1 Verhit die botter en olie saam en braai die vleisblokkies en
sampioene oor hoë hitte tot oraloor geseël en mooi bruin. Doen
dit in sarsies as jy bang is die vleis stowe eerder as braai.
2 Geur die vleismengsel goed met sout en peper. Roer die
tamaties by vul die blik halfpad met aftreksel en voeg dit saam
met die groenboontjies by. Laat prut vir sowat 10 minute totdat
die sous geurig en stomend warm is. Roer die suurroom deur
of sit apart voor.
OnthouVarkvleisblokkies moet nes beesblokkies óf langsaam
gestowe óf vinnig gebraai word anders kan dit taai wees.

1 Voorverhit die oond. Braai intussen die heel hoenderborsies in die
olyfolie en botter tot goudbruin en deurgaar. Skep uit laat effens
afkoel en vlok.
2 Braai die knoffel en rys in dieselfde pan totdat die korrels met olie
bedek is. Roer die groente en die hoender by en skep in ’n
oondvaste bak met ’n deksel. Giet die aftreksel oor bedek en bak vir
sowat 30 minute. Roer proe of die korrels al dente is en besluit of
dit nog ’n paar minute moet bak of nie. Roer die kaas by sodra die
rys reg is en smul dadelik.



  • 2 groot hoenderborsies

  • 15 ml elk olyfolie en botter

  • 1 knoffelhuisie gekap

  • 250 ml Arborio-rys

  • 125 ml ertjies

  • 8 vlapampoentjies
    gehalveer

    • 125 ml mieliepitte

    • sowat 650 ml aftreksel
      warm

    • 125 ml gerasperde
      parmesaankaas




Vervang die parmesaan met
pecorino of ander harde kaas
indien verkies.

Oktober 2017 tuis 121

Free download pdf