Tuis. 10

(Tuis.) #1

Oktober 2017 tuis 123


3


Vinnige
soetsuur atjar


  • 1 rooi ui in fyn skywe gesny

  • 1 bossie radyse gewas geskil
    en in fyn skywe gesny

  • 1–2 wortels geskil en in fyn skywe gesny

  • 125 ml appelasyn

  • 125 ml Huletts Castor Sugar

  • 80 ml kookwater

  • 5 ml elk sout en mosterdsaad

  • 15 ml piekelspeserye

  • 1 lourierblaar


Skep die voorbereide groente in lae in ’n
warm gesteriliseerde fles. Sit die asyn
suiker water en speserye in ’n kastrol oor
matige hitte en roer tot die suiker opgelos
is. Kook vir 2 minute en gooi dit dadelik
oor die groente. Verseël die fles en laat
afkoel. Laat die atjar sowat ’n week in die
yskas staan voor jy daaraan begin smul. Dis
heerlik saam met burgers en taco’s asook ’n
lekker bykos vir oondgeroosterde vleis.


  • 15 ml olyfolie

  • 2 mediumgroot wortels fyngekap

  • 1 ui fyngekap

  • 2 soetrissies in blokkies gesny

  • 1 rissie gekap

  • 700 g ryp pruimtamaties geskil
    en gekap

  • 65 ml Huletts SunSweet Brown Sugar

  • 45 ml appelasyn

  • swart mosterdsaad

  • lourierblaar

  • sout en peper na smaak


Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol oor
matige hitte en braai die wortel ui en
soetrissies liggies tot sag en glansend. Voeg
die res van die bestanddele by en laat prut
tot ’n dik smoor vorm. Skep die smoor in ’n
gesteriliseerde fles en laat heeltemal afkoel.
Sit dadelik voor. Dit sal tot ’n week in die
yskas hou as dit met ’n dun lagie olyfolie
bedek is.

2


Tamatiesmoor
Heerlik op boereworsrolle!
Free download pdf