Tuis. 07

(Tuis.) #1

104 tuis Julie 2017


Het jy al agtergekom jou hond
of kat eet gras? Bederf hulle met
hul eie “troeteldiergras”!

Kweek dit soTroeteldiergras vra baie son
en goedgedreineerde komposverrykte
grond. Maak gereeld nat en snoei terug
wanneer dit onnet lyk.


  • Katgras (Dactylus glomerata) is meerjarig
    en het grysgroen blare waarvan ook honde
    hase en marmotjies hou. Dit groei in ’n digte
    pol sowat 20 cm hoog – ook in potte.

  • Hondegras(Spartina pectinata)is’n
    steriele immergroen meerjarige wat hoog
    groei in komposryke klam grond. Plant
    polle hier en daar in jou tuin of in houers en
    dun dit ná ’n jaar of twee uit indien nodig.
    Wenk van die maandPlant die gras buite
    jou honde se bereik as hulle dit verwoes en
    sprinkel liewer ’n paar blaartjies oor hul kos.
    Algemene problemeHondegras versprei via
    risome en kan dig en spreidend word; hou
    dit dus in bedwang.
    GebruikeTroeteldiergras verskaf minerale
    en foliensuur wat groei ondersteun en
    suurstofvlakke in die bloed verhoog. Dit
    reguleer ook hul stoelgange en
    verlig spysverterings-
    probleme omdat dit
    diere kan aanmoedig
    om te braak waar-
    deur hulle ontslae
    raak van hare vere
    of bene in die maag
    wat die spysvertering-
    stelsel irriteer.
    KONTAK healthyliving-herbs.co.za


Troeteldiergras


Krui van die maand


Tuinbenodigdhede


Begonia


Kenjou


indringers


Elke maand wys ons ’n plant wat as ’n indringer
verklaar is. Hou jou oë oop in jou tuin en buurt.

Luisboom(Solanum mauritianum)is’n
groot struik wat tot 4 m hoog kan groei met
fluweelagtige stele en dofgroen breë blare
wat fluweelagtig bo en viltagtig en wit onder
is – wanneer dit fyngedruk word stel dit ’n
sterk skadelike reuk vry. Die boom dra
pers blomme in kompakte trosse op die
punte van die takke en ronde groen
bessies wat later geel verkleur. Voëls vreet
die bessies en versprei só die saad.
Indringerstatus
Die plant is ’n Kategorie 1b-indringer wat
betekenjy kan vervolg word as dit op jou
eiendom groei.
Hoekom is dit problematies?
Die luisboom ding mee met en verdring
inheemsespesies. Die vrugte is giftig voor
dit ryp word en die harige blare en stele
kan ’n allergiese veluitslag en asma
veroorsaak.
KONTAKinvasives.org.za

Begonia

Met sy groot geplooide blomme in
verskeie kleure sal die knolbegonia
(Begonia elatior) jou huis in die vaal
wintermaande ophelder. Hy sal nie die
koue buite oorleef nie maar gedy in ’n
warm helder vertrek. Hou die grond klam
(nie deurweek nie dit sal vrot); ’n half-
koppie water per week behoort genoeg te
wees afhangend van die temperatuur.
Moenie dat die blare nat word nie. Voed
een keer per maand met ’n vloeibare
kunsmis en verwyder dooie blomme.
KONTAKplantimex.co.za

^ƚƵƵƌŝŶůŝŐƟŶŐŶĂƚƵŝŶĞΛƚƵŝƐ͘ĐŽ͘njĂ.

Luisboom

Foto

Kay Montgomery •

Inlas

Lukas Otto

Maklike kompos
Omskep al jou kombuisafval en grassnysels in kompos
met die 150-liter-Green Genie-komposhouer. Dit kom
met ’n sluitbare deksel wat ongewenste besoekers soos
knaagdiere uithou ’n houer vir plaagweerder onder die
deksel en ’n luik aan die onderkant waardeur jy die
kompos uitskep. Dis gemaak van duursame plastiek.
Bestel dit regstreeks by greengenie.co.za.

Katgras


Hondegras

Huisplant van die maand

Free download pdf