Tuis. 07

(Tuis.) #1
Gemmerbos of watersalie
(Tetradenia riparia)
Dit is moeilik om die gemmerbos se veeragtige blomme mis te kyk. Dié
inheemse struik blom gedurende die winter in pers wit en soms ook pienk
aan die bopunt van die plant se kaal takke. Blomtyd is van Junie tot
Augustus en as jy in ’n rypgebied bly plant dit in ’n warmer deel van jou tuin
of beskerm die struik teen ryp om te keer dat die blomme skade kry. (Die
plant se natuurlike habitat is dele met min of geen ryp soos KwaZulu-Natal
en Mpumalanga.)
Gemmerbos groei vinnig en sal in die eerste jaar al blomme dra. Die blare is
geurig en die plant word tradisioneel vir medisinale doeleindes gebruik. Plant
dit in goed gedreineerde komposryke grond in volson. In warmer dele sal dit
ook in halfskaduwee aard. Dit het in die somer meer water as in die winter
nodig – dus die ideale plant vir somerreënstreke. >>

Jou tuin hoef nie vaal te wees in
die winter nie” gesels Hermien
Coetzee van Flowers in the
Foyer op Stellenbosch. “Daar is
genoeg plante wat nou blom en
jy vir jou huis kan pluk.
“Dink maar aan magnolias kamelias blomkwepers
die inheemse gemmerbos ’n verskeidenheid proteas
Serrurias aronskelke in die Kaapse winter en
helderoranje vuurpyle.”
Maar dis nie al nie. “Voor jy begin snoei pluk ook
die bessies sade en roosbottels wat nog sedert die
herfs aan die takke sit. Dit lyk altyd mooi in ’n
winterrangskikking.”


Het jy geweet?



  • As jy jou gemmerbos terugsnoei met sowat twee
    derdes ná die eerste vlaag blomme sal dit weer blom.

  • Dit is maklik om steggies te maak – doen dit in die
    lente en somer. Enige takkie sal werk selfs groter takke
    maak maklik wortels. Druk dit eenvoudig in die grond
    waar jy wil hê dit moet groei.

  • Die gemmerbos is nie familie van die gemmerplant
    wat vir kosmaak gebruik word nie.


Plantgids
Volson
Gemiddelde
waterbehoeftes
Rypgevoelig
Groei 1–3 m hoog
Bladwisselend
Goeie snyblom

Snoei jou gemmerbos


vroeg in die lente nadat


dit klaar geblom het.


plante van die maand tuin

Free download pdf