Tuis. 07

(Tuis.) #1
kerrie-uie deur die maalvleis en geur met ’n
knippie sout. Rol met nat hande in
happiegroot frikkadelle.
2 Blansjeer die groente in kookwater
dreineer en hou eenkant. Verhit die res van
die olie in ’n diep pan en braai die
frikkadelletjies tot goudbruin oraloor. Voeg
die groente by en roerbraai oor hoë hitte vir
nog ’n paar minute. Roer die klappermelk
laaste by en kook weer vir 5–10 minute tot
die frikkadelle gaar is en die vloeistof effens
ingedamp het. Skep oor gaar eiernoedels en
geur met vars lemmetjiesap en ’n strooisel
koljander. As jy wil kan jy sojasous byvoeg
vir ekstra geur. >>

Thaise groenkerrie met frikkadelle
’n Klappermelk-groenkerrie soos dié is ’n heerlike manier om ’n verskeidenheid groente vinnig en maklik
voor te sit met hope geur. Die frikkadelletjies pleks van die gewone hoenderstukke gee dit ’n lekker kinkel.

Genoeg vir 4 ruim porsies
Bereidingstyd: 40 minute
Gaarmaaktyd: 25 minute



  • 45 ml olie

  • 3 salotte of 1 klein ui baie fyn gekap

  • 5–15 ml klaar bereide groenkerriepasta

  • 500 g vark- of hoendermaalvleis

  • 400 g gemengde groente soos peul-
    ertjies broccoliblomme bok choi
    babaspinasie en klein mielies

  • 400 ml klappermelk

  • eiernoedels lemmetjiesap en vars
    koljander vir voorsit


1 Verhit sowat 15 ml van die olie in ’n pan
en soteer die uie in die olie tot glansend.
Roer die kerriepasta en ’n skeut water by en
kook droog. Laat effens afkoel. Meng die

hoofkos


Julie 2017 tuis 113

Free download pdf