Tuis. 07

(Tuis.) #1
Kerrie-viskoekies
Viskoekies bly ’n lieflike manier om oorskiet- gebraaide
vis te gebruik (is dit dan nie hoeka snoektyd nie?).
Meng minstens twee soorte vis vir die beste resultate.

Genoeg vir 12 viskoekies
Bereidingstyd: 45 minute
Gaarmaaktyd: 25 minute


  • 4 mediumgroot aartappels (sowat 500 g) geskil

  • sowat 250 g gerookte snoek gevlok

  • sowat 450 g ferm wit vis gevlok

  • 15 ml elk vismasala en matige kerriepoeier

  • 60 ml gekapte vars koljander

  • 4 sprietuie wit gedeeltes fyngekap

  • sowat 125 ml meel

  • 3 eierwitte (hou die gele vir die mayonnaise)
    geklits

  • ongeveer 350 ml Panko-broodkrummels*

  • olyfolie en botter vir vlakbraai

  • suurlemoenwiggies vir voorsit


1 Kook die aartappels in soutwater tot gaar dreineer
en maak goed fyn. Geur met sout en peper en laat
effens afkoel. Meng dan die gevlokte vis
speserye koljander en sprietuie deur
vorm die mengsel in 12 ewe groot
viskoekies en sit in die yskas vir 1 uur
(dit is dan makliker om die koekies te
hanteer en met die krummels te bedek).
2 Rol die viskoekies eers in die meel; skud
enige oortollige meel af en doop hulle dan in die
eierwit en laaste in die broodkrummels.
3 Braai die koekies in olyfolie en botter tot goudbruin
alkante en lekker bros. Sit warm voor met
suurlemoenwiggies en mayonnaise.

* Panko is ’n Japansestyl-broodkrummel (die naam
beteken brood in Japannees). Panko-stukkies is baie
lig – meer vlokkies as krummels – en dit absorbeer
minder olie as gewone broodkrummels wanneer dit
gebraai word. Kry dit by Woolworths.

MASALA-MAYONNAISE
Klits 3 eiergele 5 ml Dijonmosterd 5 ml mosterd-
saadjies 15 ml suurlemoensap en sowat 3 ml
masala-kerriepoeier saam tot dik en romerig. Klits nou
sowat 200 ml kanola-olie druppel vir druppel by tot die
mengsel dik en glad is. Sodra die helfte van die olie
ingeklits is kan jy begin om die olie in ’n dun straaltjie
by te voeg. Geur na smaak met sout en peper en voeg
nog suurlemoensap by as jy wil.

hoofkos


114 tuis Julie 2017

Free download pdf