Tuis. 07

(Tuis.) #1
Genoeg vir 4
Bereidingstyd: 35 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute


  • 600 g hoenderborsfilette in 3 cm-
    blokkies gesny

  • 2 knoffelhuisies fyngekap

  • 15 ml suurlemoensap

  • 250 ml Griekse jogurt

  • 15 ml hoendermasala

  • 5 ml cayennepeper

  • 5 cm vars borriewortel geskil en gerasper

    • n ruim knippie sout

    • 15 ml elk botter en olie

    • 1 groot ui gekap

    • 1 blik (425 g) gekapte tamaties

    • 250 ml room

    • 250 ml geroosterde kasjoeneute
      grofgekap

    • ’n hand vol vars koljander




1 Meng die hoender met die knoffel
suurlemoensap jogurt speserye en sout en
laat staan eenkant terwyl jy die uie braai.

•’nruimkkniippiiessouutt

Hoenderkerrie met kasjoeneute Dié kerrie is blitsvinnig om te maak en altyd ’n wenner.


Wenk
Gee die gereg meer
lyf deur geroosterde
groente soos
botterskorsieblokkies of
murgpampoentjies en
eiervrug by te voeg of
’n gedreineerde blik keker-
ertjies daardeur te roer.


2 Verhit die botter en olie saam en braai die
uie stadig oor lae hitte tot goudbruin. Jy kan
selfs ’n skeutjie water byvoeg as dit lyk of dit
te vinnig gaan. Roer die hoender met die
marinade tamaties en room by en laat prut
tot die hoender net gaar is (15–20 minute).
Strooi die neute en vars koljander oor en
geur na smaak met sout en peper. Sit die
souserige kerrie voor met gestoomde
basmati- of jasmynrys roti’s of naan
en sambals. >>
Free download pdf