Tuis. 07

(Tuis.) #1
KOMKOMMER-SAMBALSkil ’n grootkomkommeren sny dit in papierdun skyfies (of
in blokkies). Meng met5 ml sout laat staan vir sowat 15 minute in ’n vergiettes en
dreineer enige ekstra vogtigheid. Meng nou met125 ml klapperroom gekaptegroen
brandrissiekoljandersprietuieenlemmetjiesapna smaak.

Beesvleiskerrie
Genoeg vir 4
Bereidingstyd: 30 minute
Gaarmaaktyd: 3 uur


  • 15 ml olie

  • 1 kg beeskortrib- en -dikrib-blokke

  • 30 ml tamarynpasta gemeng
    met 125 ml warm water

  • 400 ml klappermelk

  • 3 lemmetjieblare

  • 125 ml klapper gerooster

  • 15 ml ligbruinsuiker
    SPESERYPASTA

  • 15 ml koljandersaad

  • 5 ml komynsaad

  • 1 kaneelstokkie

  • 4 naeltjies

  • 5 ml rissievlokkies (of na smaak)

  • 1 groot duim vars gemmer geskil en baie
    fyn gekap

  • 3 knoffelhuisies baie fyn gekap

  • 1 stingel sitroengras geskil en gekneus

  • 1 klein ui baie fyn gekap

  • 5 ml varsgerasperde borrie


1 Maak die speserypasta Rooster die
koljander komyn kaneelstokkie en naeltjies
saam in ’n droë pan tot aromaties (dié stap is
opsioneel maar dit verbeter die geure). Keer
dit uit in ’n vysel en stamp fyn. Meng met die
res van die pastabestanddele en sowat 30 ml
water tot ’n growwe pasta.
2 Braai die speserypasta in die olie tot geurig
(1–2 minute). Voeg die vleis by en braai totdat
dit oraloor met die speserypasta bedek is en
begin bruin word. Voeg die res van die
bestanddele by en draai die hitte af tot baie
laag. Stowe stadig met die deksel op vir 2 uur.
Haal die deksel af en laat prut vir nog sowat
45 minute. Roer af en toe om te keer dat dit
aanbrand namate die sous konsentreer. Proe
vir sout en peper en sit voor met geurige
basmatirys sambals en piesang.

hoofkos


116 tuis Julie 2017

Free download pdf