Tuis. 07

(Tuis.) #1
1 Voorverhit die oond. Sprei die pampoen
botterskorsie knoffel en kerrie- of
lourierblare uit op ’n gesmeerde bakplaat en
strooi die masala en borrie oor. Geur met
sout peper en ’n skeut olie en rooster vir
sowat 35 minute of tot gaar en sag. Roer so
halfpad deur die bakproses. Dit is lekker as
die pampoen hier en daar begin swart
puntjies maak maar nie te veel nie. As jou
oond groot genoeg is rooster sommer die
tamaties terselfdertyd met ’n bietjie olie
sout en peper op ’n aparte bakplaat. Dit
neem net 10 minute voor die skilletjies
oopbars en die tamaties ’n heerlik
gekonsentreerde geur verkry.
2 Verhit die botter en olie saam in ’n groot
pot en braai die uie stadig tot goudbruin en

gekaramelliseer. Om seker te maak die uie
is smeltsag voor dit begin kleur kry roer ’n
skeut warm water by wat kan wegkook en
geur met ’n knippie suiker. Skep uit en
hou eenkant.
3 Skep nou die gaar pampoen en enige
vloeistof wat in die bakplaat mag wees in
dieselfde pot en voeg die aftreksel by.
Bring tot kookpunt en laat prut vir
10 minute. Maak die sop fyn met ’n
staafmenger roer die klapperroom en
tamaties by en geur met sout en peper.
Bring weer tot kookpunt. Ek hou van
stukkies tamatie in myne maar jy kan
weer die staafmenger inspan as jy die sop
glad verkies. Garneer met die karamel-uie
en sit stomend warm voor.

Wenk
Dié pampoentjies is uitgehol met sout peper en
botter gevryf en in foelie gebak tot sag voor hulle as
sopbakkies ingespan is – mooi maar te veel vir een
mens. Gebruik óf piepklein pampoentjies óf maak
later pampoenkoekies met die vlees.

Genoeg vir 6 porsies
Bereidingstyd: 30 minute
Gaarmaaktyd: 1 uur
Oondtemperatuur: 200 °C



  • 500 g gemengde pampoen en
    botterskorsie in blokkies gesny

  • 4 knoffelhuisies

  • 5 kerrieblare (of 2 lourierblare)

  • 15 ml masala

  • 5 cm vars borriewortel geskil en gerasper

  • 500 g kersietamaties

  • 30 ml elk botter en olie

  • 2 uie dungesny

  • knippie suiker

  • 12 liter hoenderaftreksel

  • 1 blik klapperroom


Klappermelk-en-kerrie-pampoensop


Glo my die kombinasie van
masala tamatie en klappermelk
by die geroosterde pampoen
is watertand-lekker.

Free download pdf