Tuis. 07

(Tuis.) #1

Uiteindelik het hulle dit gekry: ’n 90 jaar oue
huis met ’n see-uitsig. Die ligging interessante
struktuur en ouwêreldse sjarme het die knoop
deurgehak en hulle het die huis in Augustus
2015 gekoop. Maar die binnekant was nie
naastenby die elegante eklektiese ruimte wat
dit vandag is nie.
“Die vorige eienaars het in die 45 jaar wat
hulle op dié hoekerf gewoon het feitlik geen
opknapwerk gedoen nie” sê Janelle. Die huis
het strukturele veranderinge en ’n algehele
dekor-vernuwing nodig gehad. Dit was die
perfekte uitdaging vir Janelle en sy het haar
uitstekend van haar taak gekwyt – in so ’n mate
dat sy besluit het om ’n interieurontwerper te
word en nou haar eie onderneming bedryf.
Voor sy kon wegspring met die dekor het
hulle mure uitgebreek om oopplanruimtes te
skep veral aan die voorkant van die huis wat
op die see uitkyk.
Die huis se mosterdgeel matte is opgetel
en nuwe toebehore en ingeboude kaste is
geïnstalleer.


Met die opknapwerk klaar het elke vertrek
en al die houtwerk ’n nuwe laag verf gekry. En
toe kon Janelle die huis vul met besonderse
dekor-items onder meer van die Verenigde
Koninkryk waar hulle ses jaar lank gewoon het.
Hoewel sy geen formele binneversier-
opleiding het nie het Janelle wat voorheen ’n
menslikehulpbronbestuurder was nog altyd ’n
oog vir dekor gehad. Tydens dié opknap kon sy
haar kreatiwiteit uitleef en vriende wat haar
handewerk gesien het het haar aangemoedig
om dié passie voltyds uit te leef. Sy het Beloved
Interiors in Maart 2016 op die been gebring.
“Ek het lank met my gesondheid gesukkel en
dit sou bitter moeilik wees om terug te keer na
die korporatiewe wêreld – dit het my help
oortuig om my eie onderneming te begin”
vertel Janelle. “Eers het ek net strooikussings
gemaak maar my besigheid het kort voor lank
’n klein aanlynwinkel en konsultasiediens vir
interieurontwerp ingesluit. Omdat my herstel
met die voltooiing van die opknap saamgeval
het het ons die huis Hope Cottage gedoop.” >>

Die paartjie is dol oor die interessante tekstuur
vandie huis se stukadoorpleister-afwerking.


Regdeur die huis word kunswerke in
eenvoudige elegante versamelings
uitgestal (bo en onder).
Materiaal op lampkap van Mavromac &
The Gatehouse; mat van Coricraft; die wit
stoel was ’n tweedehandse kopie

Houtbankie
van Amatuli

Die Enslins van Durban het altyd in huurhuise


gewoon en geduldig gewag vir ’n huis wat hulle na hul


smaak kon opknap en versier.


30 tuis Julie 2017

Free download pdf