Tuis. 07

(Tuis.) #1

Vir die Wandel-susters gaan die lewe


oor die hier en nou.
Vir hulle is ’n fokus op die hede die sleutel tot geluk en selfverwesenliking.
Met die ruimte lig en teksture in hul huis op Somerset-Wes kan hulle hul
kreatiwiteit uitleef – as ’n drietal maar ook as individue.
Marion wat die meeste van haar tyd in Suid-Afrika
deurbring het “Die Withuis” (soos hulle die huis met sy see-
uitsig noem) ontdek. “Ons ken die voormalige eienaars; hulle
het gesê hulle sal nooit verkoop nie” onthou Andrea. “Maar
Marion het altyd geweet dit gaan eendag ons huis word. En sy was reg!”
Die susters wat in Duitsland grootgeword het het 15 jaar gelede vir die
eerste keer kennis gemaak met Suid-Afrika toe hulle hier kom vakansie
hou het. Hulle het dit so geniet dat hulle besluit het om in eiendom te belê.
Marion het haar sedertdien hier kom vestig – sy bring net sowat ’n maand
elke jaar in Europa deur – terwyl Andrea haar tyd tussen Suid-Afrika en
Europa verdeel. Claudia kuier net sowat vier weke per jaar hier.

Al drie susters het klassieke musiek
gestudeer maar Andrea is die pianis.
“Wanneer sy in Suid-Afrika is
komponeer sy haar eie musiek in die
styl van die Italiaanse pianis Ludovico
Einaudi” sê Marion. 

40 tuis Julie 2017

Free download pdf