Tuis. 07

(Tuis.) #1

Die voormalige eienaars Evi en Jochem Elsner van
Home Concept het die ruim huis met sy hoë plafonne
self ontwerp en ses jaar lank hier gewoon voor hulle
Yzerfontein toe getrek het. Hulle is goed bevriend met
die Wandel-susters en kom kuier gereeld – ’n ervaring
wat Evi beskryf as “tegelyk bekend én vreemd”.
Die huis is ontwerp met gemak in gedagte verduidelik
sy. Dis seker hoekom mense dikwels sê dit voel meer
soos ’n vakansiehuis. “Vir ons was dit net ’n gemaklike
lekkerleef-huis met ’n ontspanne atmosfeer en genoeg
plek vir al ons vriende – ons troeteldiere het dit net
soveel geniet! Ek is bly dis nog steeds so ’n knus lugtige
ruimte met ’n pragtige uitsig.”


Die Wandel-susters wat die huis in 2016 gekoop het
was dol oor die oop ruimtes wat terselfdertyd genoeg
privaatheid bied. “Ons het ook ons hart verloor op die
houtvoordeur en die houtraam rondom die venster in die
leefarea. Elke detail is vir ons pragtig!”
Die huis front noord met ’n berguitsig aan die noorde
en die see sigbaar op die horison. “Jy kan dit uit elke
venster sien” sê Andrea. “In die somer kan ons ure op
die terras deurbring.”
Nog ’n gunsteling-kuierkol is die balkon op die tweede
vlak. “Ons span heerlik uit op die groot rusbank en kuier
ook graag met vriende hier.” Danksy die ligging van die
balkon is dit beskut teen die somerwind. >>

’n Vakansiehuis-gevoel


Die ou hout van die tafel


is regtig mooi. Wanneer ons


ons hart op ‘n ou meubelstuk


verloor moet ons ’n plekkie


daarvoor kry! –Marion


Jochem het die groot spieël in die
eetarea self gemaak. “Dit weerkaats
die vertrek en skep die illusie van meer
ruimte. Die lap wat ek bo-oor gegooi het
is deursigtig wat ’n driedimensionele
effek skep” sê Andrea. Hulle het die
eetkamertafel en -stoele ook by die
vorige eienaars “geërf”.


Kombuisblaaie deur Stucco Italiano

Free download pdf