Tuis. 07

(Tuis.) #1
’n Gedeelde ruimte
Dis die eerste keer dat die Wandel-susters ’n huis
met ’n oopplanontwerp deel. “Die ruimte moedig ’n
mens aan om meer kreatief te wees” sê Andrea ’n
trauma-terapeut. Haar susters is psigoterapeute en
al drie het klassieke musiek gestudeer: Andrea
speel klavier Marion die viool en Claudia die tjello.
“Ons is almal baie kreatief op ’n musikale
geestelike emosionele en verstandelike vlak en
elkeen druk dit op haar eie manier uit.”
In die winter vorm die kaggel die middelpunt van
die oopplan-leefarea en maak die hele huis heerlik
warm. Dit staan in die hoek van die vertrek en is
van oral sigbaar. “Dis regtig die spilpunt van ons
huis” sê Andrea.

Jochem het die houtkaggel van
sement self ontwerp en gegiet
waarna Stucco Italiano die rand
gepoleer het.

Ekstralang gordyne
hang aan latte
en versterk die

dromerige strandhuis-


gevoel.

Free download pdf