Tuis. 07

(Tuis.) #1

Heeltyd aan die verander


Al drie susters is kunstig maar Marion is die een wat
die meeste met dekor eksperimenteer. “Ek speel graag
rond met binneversiering. Alles moet mooi lyk anders
voel ek nie tuis nie.”
Andrea voeg by: “Ons verander gedurig aan die
ruimte; Wandel beteken immers ‘verander’ in Duits!”
Die huis het ’n neutrale palet met lig- en donkergrys
aksente. ’n Pragtige reeks bokhaardekens deur
Andrea en Marion se plaaslike besigheid Marea-
Marea bring warmte tekstuur en kleur in. “Ons het ’n
hele paar werknemers maar vir ons is dit eerder ’n
maatskaplike projek as ’n besigheid” sê Andrea.
Die susters is toegewyd tot hul produk: “Ek is mal
oor die gehalte van die vesel; jy kan die produkte as
sjaal dra inspan as kombers of sommer net vir die
mooi oor ’n meubelstuk gooi” verduidelik Marion.
Andrea stem saam: “Dis die beste ligste materiaal wat
jy jou kan voorstel. Jy voel beskerm en veilig en dis so
’n heerlike sagte manier om warm te bly.”
Nes hul lieflike huis. >>


’n Latte-skerm aan toue (onder) bied privaatheid by
die voordeur.


Die latte-plafon op die terras pas goed by die Nutec-bekleding aan die
huis se buitekant (sien links). Die sementafwerking waaroor die susters
so dol is word hier op die vloer en op dele van die muur herhaal.

Bokhaarsjaal van MareaMarea; bokhaardeken van Adèle’s Mohair
Free download pdf