Tuis. 07

(Tuis.) #1

diefwering


Pasgemaakte
diefwering
Anders as standaard-diefwering en -hekke kan
pasgemaakte versperrings (vanaf sowat
R2000/m²) ontwerp word om by die gevoel en
voorkoms van jou huis te pas – dink aan
traliewerk in die Victoriaanse styl tot meer
kontemporêre ontwerpe wat soos hortjies lyk.
Dis soveel sagter op die oog!
Dié diefwering kan bedek word met ’n roes-
bestande laag soos Hammerite Duram se
DTM- (Direct to Metal) verf of Oxirite of jy kan
’n poeierlaag (“powder coating”) laat aanwend.
Só kan jy ’n fokuspunt by die ingang na jou
huis skep en deure en vensters ooplos sonder
dat dit jou veiligheid in gevaar stel.

[ONTHOU...]
Langs die kus kan roes ’n probleem wees.
Maak by jou vervaardiger seker dat sy
produkte teen roes behandel is watter
onderhoud dit verg en of dit ’n waarborg het;
laat hy jou na ander kliënte verwys wat sy werk
ken en gaan kyk hoe die produk verouder.
WenkKyk krities na ’n vervaardiger se
produkte én die installering daarvan wanneer
jy pasgemaakte diefwering wil bestel. Kry ook
verwysings voor jy iets laat maak.

Kundra Bowley het meer as ’n dekade gelede dié veiligheidsdeure vir haar huis in
Tamboerskloof ontwerp en laat maak. “Ek het presies geweet wat ek wou hê en moes ruwe
sketse vir die vervaardiger maak – daar was destyds nie Pinterest nie!” sê sy en lag. Kundra
wou graag ’n hout-element hê om te keer dat die stawe te koud lyk; en omdat die vertrekke
in haar huis redelik klein is wou sy hê die deure moet vou en stapel. Die oplossing: dik
meranti-deure met vertikale gietysterstawe en twee sterk knipslotte aan die binnekant.

Veiligheidshortjies
Verstelbare aluminiumhortjies bied dieselfde klassieke elegansie en privaatheid as
houthortjies maar met die bykomende voordeel van veiligheid. Die hortjies (vanaf
sowat R4000/m²) verg geen onderhoud nie dis maklik om die hoeveelheid lig wat dit
deurlaat te verstel (jy draai eenvoudig een lat wat met ’n interne ratstelsel aan die
ander verbind is) en dis beskikbaar in ’n verskeidenheid kleure.
[ONTHOU...]


  • Hortjies hoef nie net voor vensters en deure gebruik te
    word nie – dit werk ook goed wanneer jy twee vertrekke
    van mekaar wil skei. Die opvou-weergawe wat aan die
    kante opstapel is byvoorbeeld ideaal voor ’n skuifdeur.

  • Slegs aluminiumhortjies is ’n veiligheidsversperring;
    houthortjies het net dekoratiewe waarde.

  • Vra oor hoeveel lig die hortjies deurlaat indien jy dit in
    ’n slaapkamer of multimedia-vertrek wil gebruik.


Wanneer is jou huis op sy
kwesbaarste?
Wanneer deure en
vensters oopgelos is en
ĂůĂƌŵƐŐĞĚĞĂŬƟǀĞĞƌŝƐ͕
veral tussen 05:00 en
Ϭε͗ϬϬ͕ĞŶĚĂŶŽŽŬƐĂĂŶƐ
wanneer jy tuis is.

Werk in lae


  • Dis ideaal om ’n laag-op-
    laag-benadering tot jou
    veiligheid te hê. Dit kan ’n
    ĂůĂƌŵƐƚĞůƐĞů͕ŚŽŶĚĞĞŶ
    versperrings op deure en
    vensters insluit.

  • As jy ’n veilige sone in jou
    ŚƵŝƐŐĞƐŬĞƉŚĞƚ͕ŵĂĂŬƐĞŬĞƌ
    minstens een venster het
    diefwering wat tydens ’n
    noodgeval kan oopmaak vir
    ’n ontsnaproete.


Veiligheidshortjies
Free download pdf