Tuis. 07

(Tuis.) #1

Julie 2017 tuis 61


Sifskerms
Dié industriëlesterkte-sifskerms van
vlekvrye staal (R33 636 vir ’n oopvou-
opsie aan ’n venster van 2 500 x
1 900 mm installering ingesluit) kom in ’n
aluminiumraam en elkeen is gemaak om
oor ’n spesifieke opening te pas – van
skuifraam- of gewone vensters tot
skuifdeure. Dis duur maar dis die naaste
ding aan ’n veiligheidsversperring wat
amper onsigbaar is.

[ONTHOU ...]



  • Die skerms kan gesluit bly (met ’n
    sleutel) terwyl vensters en deure
    oopstaan. Dit lyk baie soos sifdeure wat
    insekte uithou maar is heelwat sterker.

  • Party skerms hou UV-strale uit; vra by
    jou verskaffer.

  • As jou begroting nie daarvoor
    voorsiening maak om dit by al jou
    deure en vensters te laat installeer nie
    kan jy dit oorweeg vir hoërisiko-areas of in
    dele van die huis waar jy ’n permanente
    oplossing soek wat nie jou uitsig sal
    belemmer nie.


Deursigtige stawe


Polikarbonaatstawe (sowat R1 230 vir ’n
venster van 950 x 950 mm installering
ingesluit) is gewild omdat dit deursigtig is
maar het ’n swak reputasie gekry omdat dit
glo maklik is om die stawe te breek. Dis
ideaal vir laerisiko-areas soos moeilik
bereikbare vensters of om diere soos apies
uit te hou as jy op ’n landgoed woon.


[ONTHOU ...]



  • Al kan die stawe heelwat druk weerstaan
    (’n baksteen of hamer sal dit nie sommer
    breek nie) en maak hul buigsaamheid dit
    moeilik om hulle met ’n koevoet van die
    raam los te ruk sal dit nie noodwendig
    bestand wees teen herhaalde aanvalle nie –
    net soos met ander veiligheidsmaatreëls.

  • Video’s van stawe van ’n swakker gehalte
    wat met ’n blaasvlam gebrand word is wyd
    op sosiale media versprei; dié soort is baie
    bros en word nie aanbeveel nie. Goeie poli-
    karbonaatstawe kom soms met hul eie
    aluminiumraam pleks dat dit direk aan die
    vensterraam geheg word. As jy stawe
    raakloop wat nie so ’n raam het nie en aan
    jou venster se bestaande raam geheg moet
    word vergelyk die prys met dié hierbo (dit
    moenie veel goedkoper wees nie) en maak
    seker die stawe is stewig.

  • Jy kan drade oor die stawe se lengte af
    laat installeer wat aan jou alarmstelsel
    gekoppel word.


BYDRAENDE KENNERS EN VERSKAFFERS
Andre Holland van Shutterway
(shutterway.co.za)
Daniel Enticott van Glow Innovations
(glowinn.co.za)
Lindy Barry van Trellidor (trellidor.co.za)
Karina Palmer van American Shutters
(americanshutters.co.za)
Leon von Metzinger van Classic Metals
(classicmetals.co.za)
Michelle Reitz van Plantation Shutters
(plantation.co.za)
Darryl le Roux van Clear View
(clearviewss.co.za)

Rolhortjies
Dié hortjies van staal of aluminium
(sowat R16 500 vir ’n 1 000 x 2 200 mm-
opening installering ingesluit) rol af en
sluit wanneer nodig en rol op in ’n
omhulsel wanneer dit nie in gebruik is
nie. Die beweging word beheer via ’n
muurgemonteerde paneel of
afstandbeheerder.

[ONTHOU ...]



  • Die omhulsel kan in ’n muur of plafon-
    ruimte versteek word – besluit voor
    installering of jy dié opsie verkies.

  • Daar is verskeie funksies beskikbaar vir
    die motor soos supervinnige werking
    oorskakeling na handbeheer of ’n
    batterygedrewe opsie in geval van ’n
    kragonderbreking sonkrag-motors asook
    sensors wat hindernisse registreer.

  • Rolhortjies is ideaal vir deure en
    vensters van huise wat vir lang tye
    leegstaan soos vakansiehuise.

  • Dit werk ook goed binne-in die huis; jy
    kan dit gebruik om twee dele van mekaar
    te skei. Gebruik dit byvoorbeeld om die
    slaapkamers snags van die res van die
    huis af te skerm. Rolhortjies is minder
    onooglik as ’n gewone veiligheidshek in
    die middel van jou gang.


Hetjygeweet?


Jy kan ’n laag veiligheidsfilm (sowat R750/m² installering ingesluit) oor jou deure en vensters
laat aanbring. Dis soortgelyk aan dié wat mense aan hul motorruite sit teen grypdiewe; dis net
dikker en sterker en het UV-beskerming. Soek aanlyn na ’n verskaffer naby jou.


Rolhortjies
Free download pdf