Tuis. 07

(Tuis.) #1

opknap


Wat geniet jy die meeste van jou nuwe
badkamer?Ek hou van die vryheid van
beweging – jy is nie ingeperk deur ’n
stortdeur of trappies nie.
Watter raad het jy vir iemand wat hul
eerste opknapprojek aanpak?Begin met
kleiner projekte in en om die huis om te
bepaal of jou loodgieter of bouer bevoeg is
vir groter projekte.
Wat moet jy voor die tyd navors?Ken jou
materiale van die pype wat die loodgieter
gaan gebruik tot die afwerking van die
afvlaklaag wat jy wil hê – nie alle afvlaklae
is geskik vir ’n nat vertrek nie en sekeres
moet verseël word. Maak seker jou hout
kan aan water blootgestel word. Die hout
wat vir inlegwerk in die vloer gebruik is
moet minstens 50 mm dik wees anders
kan dit skeeftrek.

Hoe het jy van begin tot einde ’n projek
doeltreffend bestuur sonder die hulp van
’n kontrakteur?Reël vooraf ’n vergadering
met al die kontrakteurs sodat elkeen
presies weet waarvoor hulle
verantwoordelik is. Maak tekeninge met
akkurate mate. Onthou soms sal jy ’n
antwoord kry wat gerieflik vir die
kontrakteur is maar nie vir jou nie.
Raadpleeg iemand in die bedryf om seker
te maak jy word nie ingeloop nie.
Hoe kry jy die beste produkte?
Ek kyk aanlyn en vergelyk pryse; ek lees
ook altyd resensies voor ek koop.
Enige ander wenke?Maak seker die
kontrakteurs beskadig niks anders terwyl
hulle werk nie. Ek het byvoorbeeld
goedkoop komberse gekoop om die vloere
in die res van die huis te beskerm.

V&A met Inez


Uit haar notaboek


’n Mens kan nooit
te veel vrae vra nie
glo Inez. En as jy nie
oortuig is van die
antwoord nie vra weer!

Voor


[VERNAAMSTE VERANDERINGE]



  • Die loodgieter het die bestaande
    toebehore (die bad stort toilet en wasbak)
    uitgehaal.

  • Die plasing van die toilet wasbak en stort
    is verander om die beknopte ruimte beter
    te benut.

  • Die ruimte onder die vloer waar die
    rioolpyp sou loop is uitgegrawe en pype
    geïnstalleer.

  • ’n Muur is gebou om die muur-
    gemonteerde toilet se spoelbak te
    akkommodeer en toe gepleister.
    ͻƌĞƚĞĂŶĚtĂůůƌĞĂƟŽŶƐŚĞƚĂůĚŝĞ
    oorblywende teëls uitgekap om die mure
    voor te berei en dit toe met ’n
    stukadoorpleister afgewerk.


Inez
de Vries

64 tuis Julie 2017


Toe Inez de Vries meer as ’n dekade gelede
hoor haar suster se huis in Kuilsrivier is in
die mark het sy geweet met ’n bietjie harde
werk sou dié lelike eendjie die pragtigste
swaan word. Sy het die uitdaging aanvaar
en die huis in 2008 gekoop met tonne
idees oor hoe sy die ruimte tot sy reg gaan
laat kom.
Maar dit was ’n stadige proses. “Ek het
jaar ná jaar afhanged van my begroting ’n
projek probeer voltooi. Dis so ’n vervullende
ervaring om die plek te verander presies
soos ek dit wil hê – en ek kan ure lank deur
ou uitgawes van Tuis blaai” sê sy.
Tot dusver het sy ’n stoep en braaikamer
aangebou die garage in ’n gastekamer met
en suite-badkamer omskep die hoof-
slaapkamer opgeknap en nuwe vloere gelê.
Sy het regdeur die huis aardse afwerkings
soos sement en hout gekies om die huis ’n
tydlose gevoel te gee.
Haar nuutste projek wat vanjaar voltooi
is getuig dubbel en dwars van haar moed.
Die badkamer was net 6 m² groot volgens
Inez “heeltemal te beknop”. Daar was ’n
bad maar dit het na haar mening net
ruimte in beslag geneem: “Ek het dit net
twee keer per jaar gebruik” sê sy en lag.
Die toegeboude stort het haar ook gepla
toe laat sy dit saam met die bad uitbreek en
skuif die toilet wasbak en stort so dat dit
beter gebruik maak van die ruimte. Danksy
die nuwe uitleg kon Inez haar droom
bewaarheid: ’n oop stort met ’n
reënstortkop.

’n Leerkurwe
Die projek is ná vier weke voltooi maar daar
was haakplekke. Al glo Inez in mondelingse
aanbevelings vir kontrakteurs was dit in dié
geval nie die beste keuse nie. Twee
onvervare loodgieters en ’n houtverskaffer
wat nie reg gemeet het nie het vir ’n
terugslag gesorg. Maar Inez het haar nie
laat afskrik nie.
Vorige projekte het haar geleer om alles te
bevraagteken; toe ’n bouer nie haar vrae
bevredigend kon beantwoord nie het sy
betroubaarder kontrakteurs gekry wat die
afwerking en dienste wat sy verlang het
kon verskaf.
“Die verbetering van my huis is ’n
nimmereindigende projek” sê sy. Die
badkamer was op 14 Februarie kant en
klaar – “ ’n oulike Valentynsgeskenk
aan myself!”
Free download pdf