Tuis. 08

(Tuis.) #1

Die binnehof


GROOTTE176 m^2
Toe Lynette en Colin die huis gekoop
het was die binnehof allermins so
gesellig en stylvol soos nou. Die vloer
was hopeloos te klein vir losstaande
meubels en boonop karakterloos
maar het darem pluspunte gehad
soos ’n dennehoutdek. Boonop kry
dié hoekie heerlike oggendson omdat
dit aan die oostekant van die huis is
en is dit beskut teen die Kaap se
berugte suidoostewind. Smiddae ná
werk is dit ’n stil koel uitspanplek
waar hulle graag ’n drankie geniet.
Lynette het ’n plan gehad om die
ruimte te rek. “Ek het ingeboude
banke met pakplek ontwerp. Dít
kombineer ek met twee los
rottangstoele en nou is daar
oorgenoeg sitplek met kussings wat
danksy buite-materiaal oornag buite
kan bly.”
Lynette se oplossing vir die
lewelose mure was om heelwat
groenigheid in potte in te bring. “Dit
gee lewe en skep die gevoel van ’n
tuin. Boonop bespaar ’n mens
heelwat water met potplante.”


Voor

Free download pdf