Tuis. 08

(Tuis.) #1
Deur Shané Barnard • Foto’s Francois Oberholster Cameron Prins Elza Cooper
Marsel Roothman en ER Lombard • Stilering Misi Overturf Marian van Wyk
Amanda van Wyngaardt en Kim Bougaardt

dekor


Kies die


sement-


vloer


Die gesprek rondom watter sementafwerking die
beste oplossing vir vloere is is ’n warm debat in die
Tuis-kantoor. Hoewel dit duursaam higiënies en
maklik is om skoon te maak het lesers baie vrae: Sal
die sement kraak? Is ’n bepaalde afwerking
beskikbaar in verskillende kleure? Kan ek dit self
doen? Ons het by die kenners gaan aanklop vir ’n
omvattende oorsig oor wat beskikbaar is en watter
afwerking die beste werk vir watter doel.

Substraat’n Soliede betonbasis wat klip
en staal bevat gewoonlik 100 mm dik
vorm die fondament van enige vloer. Dit
moet struktureel sterk wees sonder krake
holtes vet olie was matgom stof of
enigiets wat die kleefvermoë van ’n bolaag
kan benadeel.

Afvlaklaag (“screed”)’n Eenvoudige
sementmengsel wat op ’n beton-
onderlaag aangewend word; dis
dieselfde oppervlak wat jy onder
tradisionele vloerbedekkings soos
teëls matte of hout of onder ’n dun
dekoratiewe sementlaag het.

Self-nivellerende afvlaklaag (“self-levelling screed”)
’n Vloeibare afvlaklaag wat vanself gelyk gaan lê.
Vogbestande membraan ’n Verseëlaar wat onder die
afvlaklaag aangeverf word en as waterdigting optree.
Dit help keer dat water van onder af deur die vloer
kom indien die onderlaag of afvlaklaag onder jou
dekoratiewe bolaag sou kraak.

DIE REGTE WOORDESKAT
Free download pdf