Tuis. 08

(Tuis.) #1

Opsie 4


Verf dit
As jy ’n ligter (selfs wit) sementvloer verkies is ’n verflaag dalk die eenvoudigste oplossing. Verf kom in
’n verskeidenheid kleure en teksture en die meeste vervaardigers het spesiale stoepverf wat jy na jou
smaak kan laat tint. Melissa en Carl Rautenbach het standaard- wit stoepverf van Sabre Paints gebruik
(bo). Maar onthou jy moet steeds die nodige voorbereiding doen.
Proses Voor jy die kwaste gryp was eers die oppervlak deeglik met ’n mengsel van suikerseep en warm
water. Laat dit dan goed droog word.
Wanneer jy doodseker is die sement is heeltemal droog wend ’n spesiale onderlaag vir rou beton of
sement soos Duram Showfloor Cement Floor Primer aan. Afhangend van die vertrek se temperatuur
sal jy dit drie uur moet gee om droog te word verduidelik Daniel Fonnie tegniese kenner van Duram.
’n Soliede verflaag sal duidelik sigbaar wees wanneer dit oor ’n droë onderlaag aangewend word; indien
dit nie die geval is nie wend nog ’n laag van die onderlaag aan.
Wag tot die onderlaag heeltemal droog is en wend dan die eerste verflaag aan – enige duursame
vloerverf soos Duram Showfloor of Plascon Floor Paint in die kleur van jou keuse. Verf eers die rande
met ’n kwas en vul dan die res in met ’n bokhaar-verfroller. Gee die eerste laag 1–2 uur kans om droog
te word afhangend van die kamertemperatuur en wend dan ’n tweede laag aan (én ’n derde laag
indien verkies) vir volledige dekking. Die produk wat jy kies sal bepaal hoe lank jy moet wag voor die
vloer gereed is vir voetverkeer; die besonderhede verskyn op die verfblik.
Koste Vanaf R160/m^2

Hetjygeweet?
Volg dié raad as jy soos Clive
Biden van Montagu ’n
glansafwerking verkies:
“Ek het die afgevlakte vloere
geverf met PVA (dieselfde
verf en kleur as die mure)
gevolg deur twee lae
Plascon Purecoat. Maklik
nè! Vyf jaar later lyk my
vloere nog mooi behalwe
onder my lessenaar waar ’n
stoel op rolwiele die
afwerking effens beskadig
het” sê hy. “Ek het wel
opgelet dit vergeel effens
naby die deure en vensters
waar die vloer aan feller
sonlig blootgestel word.”

Onthou
^ĞůĨƐĚŝĞďĞƐƚĞǀůŽĞƌǀĞƌĨƐĂůĞůŬĞũĂĂƌŽĨǁĂƚ;ĂĬĂŶŐĞŶĚǀĂŶŚŽĞǀĞĞů
ǀŽĞƚǀĞƌŬĞĞƌĚŝĞĂƌĞĂŬƌLJͿ͛ŶŶƵǁĞůĂĂŐŶŽĚŝŐŚġ͘ŽĞŶũŽƵŚƵŝƐǁĞƌŬ
ǁĂƚǀĞƌǀĂĂƌĚŝŐĞƌƐƐĞǁĂĂƌďŽƌŐĞďĞƚƌĞĨĞŶǀŽůŐĂůƚLJĚĚŝĞĂĂŶǁLJƐŝŶŐƐ͕
ǀĞƌĂůƚLJĚĞŶƐǀŽŽƌďĞƌĞŝĚŝŶŐǀĂŶĚŝĞŽƉƉĞƌǀůĂŬǁĂƚũLJǁŝůǀĞƌĨ͘

62 tuis Augustus 2017


dekor

Free download pdf