Opsie 5
Vasgestampte sement
Tydens ân groot opknap van hul huis op Graaff-
Reinet het Johan en Amori van Jaarsveld besluit
op ân kombinasie van sement en gruisstof vir ân
uiters duursame vloer met ân gepoleerde
voorkoms.
Installering Die vloer word eerstens gespoel met
ân water-en-sementflodder. Daarna word ân bolaag
- vier dele gruisstof (baie fyn klippies) en een deel
sement gemeng met water â 50 mm dik op die
vloer vasgestamp verduidelik Louis Steyn (van
Mynhardt Steyn Konstruksie) wat die Van
Jaarsvelds se vloere gelê het. ân Dun laag grys
voegbry wat as kleurverharder optree word dan
oor die vloer aangewend en met ân plank gestryk.
Wanneer dit droog is word dit verseël met ân
sementseëlaar soos Tile and Floor Care.
Koste Sowat R210/m^2
Droogtyd 48 uur >>