Tuis. 08

(Tuis.) #1

Opsie 6


Gepoleerde beton
Dis die duursaamste opsie as jy ’n sementvoorkoms wil
hê. Eers word die beton geskuur wat die klipbrokkies in
die betonmengsel ontbloot. Daarna word dit afgerond
met ’n deurdringende verseëlaar en met ’n poleerder
gepoets.
Die argitek Nadine Engelbrecht het ’n beton mengsel
van Lafarge (Artevia Polished Grey 95 mm Dolomite-
pompmengsel) vir die vloere in haar huis in Pretoria
gebruik. Danksy die sterkte is dit so te sê kraakvry.
Installering Nie alle betonvloere kan gepoets word nie;
laat toets bestaande betonvloere byvoorbeeld onder
afvlaklae teëls of matte deur ’n spesialis vir hardheid
(die Mohs-toets). Indien jou vloer geskik is sal enige
bestaande verseëlaars of deklae eers verwyder en enige
krake eers herstel moet word.
Spesialis-toerusting word dan gebruik vir die eerste
skuurwerk en nadat alle klein merkies verwyder is word
dit finaal gepoets. Jy kan ’n laaste deursigtige verseëlaar
aanwend as jy ’n spesifieke mat of glansafwerking wil hê.
Droogtyd Jy kan tydens die poleerproses op die
betonvloer loop. As jy ’n finale seëllaag laat aanwend
neem dit sowat 24 uur om droog te word.
Koste Sowat R330/m^2 vir skuur poleer en verseël;
’n 100 mm-betonlaag kos R180–R280/m^2.
Jy kan dit self doen! Jy moet net al die nodige
gereedskap (en vasberadenheid!) hê.

As jou sementvloer nie
die vereiste sterkt e
;ϯϬരDWĂͿŚĞƚŶŝĞ͕ŬĂŶũLJ͛Ŷ
nuwe sementvloer gooi
ŽĨ^ƚŽŶĞŚŝƉ&ůŽŽƌŝŶŐ
ǀĂŶ&ůŽŽƌŝŶŐ'ƵƌƵŬŝĞƐ͘
ŝƐ͛ŶŐůĂĚĚĞĚĞŬŽƌĂƟĞǁĞ
ĂĂŶǁĞŶĚŝŶŐ͕ϯƚŽƚϭρരŵŵ
ĚŝŬ͕ǁĂƚďĞƐƚĂĂŶƵŝƚ͛Ŷ
ďĂƐŝƐŬůĞƵƌǀĂŶũŽƵŬĞƵƐĞ
ŐĞŵĞŶŐŵĞƚŬůŝƉƐŬĞƌǁĞ
;цςരŵŵŐƌŽŽƚͿǁĂƚƐŽŽƐ
ŐĞƉŽůĞĞƌĚĞďĞƚŽŶůLJŬ͘


64 tuis Augustus 2017

Free download pdf