Tuis. 08

(Tuis.) #1
Stuur jou vrae na [email protected].

’n Ligter voorkoms
Ann van Niekerk van Lichtenburg in Noordwes skryf
Ons sitkamer se mure en plafon is van hout wat dit
baie donker en outyds laat voel. Ek wil dit graag afwit;
hoe doen ek dit?

Kry ’n Spindel. Dit span tolkrag pleks van hitte
in om die meeste van die klammigheid wat ná
jou masjien se tolsiklus in jou wasgoed agterbly
in ’n kits te verwyder; jou klere is binne drie
minute so te sê droog! Die Spindel verbruik 100
keer minder elektrisiteit as gewone tuimeldroërs
en is veilig vir alle kledingstowwe – selfs jou
delikate handwas-winterwolgoed.


Pryse begin by R1999.
Skakel 0860 555 135 of besoek
http://www.spindel.co.za vir verskaffers.

Bespaar dié winter


tyd en geld


SPESIALIS-WASGOEDDROËR

DieTuis-selfdoen-
medewerker Shelly Bergh
antwoord Skuur heel
eerste die bestaande
afwerking af tot jy die rou
hout het. Dan stel ek voor
jy gebruik Harlequin
Paints Woodwash in Lime
White om die afgewitte voorkoms te kry.
Gebruik ’n kwas en verf twee of drie planke
parallel met mekaar op ’n slag en slaan
telkens ’n paar planke oor om te keer dat jou
kwashale oorvleuel en onooglike merke
veroorsaak. Wag tot dit droog is en verseël dit
dan met Harlequin Paints se waterbasis-
Decorators Varnish.
Jy kan ook jou eie mengsel aanmaak – dis
die perfekte manier om oorskietverf van
ander projekte op te gebruik! So maak jy:
meng een deel wit akrielverf soos Dulux
Acrylic PVA of Plascon Polvin met 10 dele
water. Toets die mengsel om seker te maak
dis wit genoeg en meng nog verf by indien
nodig. Onthou jy gaan nie dieselfde gladde
afwerking soos met die Harlequin-produk kry
nie want laasgenoemde is soortgelyk aan ’n
glanslaag. Verseël met ’n waterbasisvernis
wat nie vergeel nie soos Woodoc Water-
Borne Floor.
Andersins kan jy wit akrielverf meng met
Plascon Waterbased Glazecoat (een deel
akrielverf met 10 dele glansverf). Toets weer
om seker te maak die mengsel is wit genoeg;
meng nog verf by indien nodig. Wag tot dit
droog is en wend nog ’n laag Glazecoat aan.
Jy kan ook die hout ’n soliede wit verf pleks
van net afwit. Skuur die hout liggies wend ’n
onderlaag aan en dan twee lae wit water-
basis-emaljeverf; liggrys of enige ander
pastelkleur sal ook lieflik lyk!
KONTAK [email protected] >>
Free download pdf