Tuis. 12

(Tuis.) #1

Desember 2017 tuis 111


watertenks


Regoor Suid-Afrika het ons die afgelope
twee jaar droogte aan ons bas gevoel. Om
dié rede is ’n reënwatertenk nie meer ’n
vreemde ding op ’n werf nie. Ons het gaan
uitvind wat jy alles moet weet as jy ook
een oorweeg.

Die regte grootte
Daar is etlike faktore wat die keuse van jou
tenk se grootte sal beïnvloed: Eerstens moet
jy besluit hoeveel plek jy het. In ’n meent-
huis met ’n knap agterplaas wil jy nie die
hele spasie vul met ’n tenk nie.
“Begin deur die korrekte mate van die
beskikbare tenks by ’n verskaffer te kry” sê
Hendrik Helberg bestuurder van RotoTank
op Moorreesburg.
Werk dan uit wat jou dak se opbrengs sal
wees sou dit reën. Gebruik jou huis se
vloeroppervlakte as vertrekpunt. As dit
byvoorbeeld 200 vierkante meter is en
10 mm reën sak uit kan jy 2 000 liter
reënwater versamel – mits jy elke druppel
afloopwater van die dak kan opvang.
Besluit waarvoor jy die reënwater wil
gebruik is Rudi van Rensburg van Cape
Flow op Somerset-Wes se raad. Wil jy
byvoorbeeld jou swembad vol hou dit
gebruik vir besproeiing toilette spoel of
wasgoed was? “As jy dit weet en wat jou
bestaande pypwerk toelaat kan jy bereken
hoeveel water jy gaan nodig hê.”
Jou begroting speel natuurlik ook ’n rol.
Bianca Harmse verkoopbestuurder van
JoJo Tanks in Johannesburg som dit goed
op: “Installeer die grootste tenk wat jou
ruimte en begroting toelaat. Onthou
reënwater kan tot ses maande gestoor word.
As jy ’n ongebruikte kol in jou agterplaas het
met plek vir twee 10 000 liter-tenks en jy dit
kan bekostig bestel dit.”

Vermy ’n seeroog
Willie Schmidt eienaar van die
Aspidistra-Tuinsentrum buite
Stellenbosch glo dat veral grys tenks
goed in ’n tuin wegsmelt. Jy kan dit
verder versag met behandelde
natuurlike latte.
As jy nie hou van grys nie kies ’n
kleur wat by die agtergrond gaan pas.
“Moet byvoorbeeld nie ’n grasgroen
tenk teen ’n wit muur staanmaak nie
al gaan jy latwerk rondom sit” is sy
raad. As jy die tenk met plante wil
verbloem kies ’n olyfgroen tenk. Dit
smelt gou saam met die plante en
blare namate dit toegroei.”
Walter Cloete ’n tuinboukundige van
Walgro in die Strand span graag ’n
stewige draadheining buite-om die
tenk en plant ’n mooi rankplant teen
die draad. “Hou net beweegruimte in
gedagte vir wanneer jy die tenk wil
skoonmaak of water wil tap” sê hy. En
hoewel verskaffers probeer om tenks in
soveel moontlik kleure te lewer kan jy jou
tenk verf sodat dit by jou huis pas. Hy
verduidelik hoe: “Skuur die tenk liggies met
growwe skuurpapier en vee dit af met ’n
verdunner of asetoon om enige olierigheid te
verwyder. Kry by jou verfwinkel ’n geskikte
onderlaag en verf dan twee lae waterbasis-
emaljeverf in jou gekose kleur bo-oor.”
Die argitek Janine de Waal glo weer jy
moet juis nie jou watertenk wegsteek nie.
“Die Australiese argitek en Pritzker-
pryswenner Glenn Murcutt inkorporeer
watertenks in die meeste van sy projekte as
’n ontwerp-element” sê sy. “Die geute en
tenks is geïntegreer en word spesifiek vir
elke projek ontwerp. RainQueen Tanks se
sinktenk is nog ’n opsie.”


  • Is die mangat bo-op die tenk kinderveilig?

  • Het die tenk ’n waarborg en wat behels dit?
    Wat is die moets en moenies dat dié waarborg
    nie tot niet gaan nie (byvoorbeeld ’n geskikte
    voetstuk verf blootstelling aan die son)?

  • Het die tenk ankerplekke waaraan dit
    vasgemaak kan word om te keer dat dit
    omwaai wanneer dit leeg is? (Dit verhoed ook
    dat skelms jou tenk wegry want ’n leë tenk is
    nie baie swaar nie.)

  • Het die tenk ’n swart voering wat dit donker
    maak aan die binnekant sodat alge nie daarin
    kan groei nie?

  • Het dit ’n oorlooppyp indien die tenk te
    vol word?

  • Is die tenk UV-bestand? Dit behoort die
    lewensduur van die materiaal waarvan dit
    gemaak is te verleng.


[VRA DIÉ VRAE WANNEER JY KOOP ]


15 0 liter 9 liter 46 liter 25 mm


Die gemiddelde waterverbruik
per persoon per dag in formele
behuising in Suid-Afrika.

Soveel drinkwater spoel jy weg
elke keer as jy die toilet spoel.
Teen twee spoele per dag is dit
18 liter per persoon per dag.

Die gemiddelde hoeveelheid water
wat nodig is om een bondel
wasgoed (veral in ouer masjiene) te
was – dit kan selfs baie meer wees.

Soveel water is nodig per
vierkante meter per week
om ’n tuin in die
hoogsomer nat te lei. >>

[’N PAAR SYFERS ]


Dié syfers is skattings deur ons
kenners en kan wissel na gelang
van jou eie omstandighede.
Free download pdf