Tuis. 12

(Tuis.) #1
Hoewel ’n geboude platform die beste
ondersteuning vir jou tenk bied kan jy
dit ook op stene plaas. Maak seker dis
waterpas en stamp die grond onder die
stene vas voor jy die tenk staanmaak.

Kies ’n plastiekkraan
watnie vandale sal
lok indien jou tenk
van die straat af
sigbaar is nie. Lig die
tenk hoog genoeg van
die grond af dat jy
water in ’n emmer of
gieter kan tap; as jy ’n
pomp gaan gebruik
kan die tenk plat op
die grond staan.

Jou tenk moet ’n oorlooppyp
hê. Van hier kan water na ’n
ander tenk gelei word (as jy
meer as een het); of verbind
’n pyp daaraan wat die
oorloopwater weglei van jou
huis se fondasies. Laat loop
jou tenk twee maal per jaar
oor sodat enige drywende
afval kan uitspoel.

Kry ’n blaarvanger by
jou ysterwarewinkel.
Installeer dit tussen
die geut- en toevoerpyp
sodat enige blare wat
van die dak af spoel op
die blaarvanger val en
wegwaai en nie in jou
tenk beland nie.

’n Digsluitende
deksel sal klein
diertjies uit jou
tenk hou!

Het jy geweet?


Omdat daar geen beweging in die water in ’n tenk is (soos in die geval van ’n
fontein) nie kan muskiete in die somer ’n probleem raak. Bianca sê die veiligste
maklikste en doeltreffendste manier om daarvan ontslae te raak is ’n eetlepel
huishoudelike paraffien in jou tenk. Die paraffien versmoor die larwes in die
water en keer gelyktydig ook dat muskiete nuwe eiers daar lê. Paraffien is ligter
as water en dryf dus bo-op – dit sal nie met die water meng of die gehalte
daarvan aantas nie. Namate die tenk vol loop sal die paraffien weer bo-op
gaan lê wanneer die water tot rus kom.
Om te keer dat muskiete jou tenk deur die oorlooppyp binnekom kan
jy dit van buite af met gaas bedek en met ’n kabelstrop vasmaak;
water sal dan steeds kan uitloop wanneer die tenk te vol raak.


112 tuis Desember 2017


Vertikale
reënwatertenk
(2 500 liter)
R3 010 RotoTank
Free download pdf