Tuis. 01

(Tuis.) #1
Die aanlê van die groentetuin het in
Februarie 2015 begin. Jan Blok die
tuinontwerper was verantwoordelik
vir die beplanning en uitleg. Hy het
die ontwerp gegrond op tradisionele
“potagers” – sogenaamde kombuis-
tuine – uit die tyd toe die plaas sowat
330 jaar gelede tot stand gekom het.
Ná die harde landskapwerk soos
die bou van die muurtjies groente-
bokse en stellasies en die aanlê van
die watervoor het die reusetaak
begin om die gehalte van die grond
te verbeter.
“Eers is tonne en tonne kompos
ingewerk” vertel Megan McCarthy
die tuinboukundige verantwoordelik
vir die groentetuin.
Voordelige mikro-organismes is
bygevoeg en ander grondopknappers
soos duisendblad en smeerwortel is
onder al die vrugtebome en in dele

waar die grond baie arm was
geplant. “So het die grond weer
nuwe lewe gekry. Die erdwurms het
teruggekeer en ons kon die beddings
begin uitlê en beplant.”
Die groentetuin is organies en
Megan verkies om op die natuurlikste
manier moontlik van peste en plae
ontslae te raak. Eende hoenders
vlermuise voëls en ander kleiner
diertjies en insekte doen almal hul
deel. En as hulle die slag van ’n
spuitstof gebruik maak moet dit ’n
ŶĂƚƵƵƌůŝŬĞĞŶŽƌŐĂŶŝĞƐŐĞƐĞƌƟĮƐĞĞƌĚĞ
produk wees.
“Dis so goed om te sien hoe die
goeie insekte soos bidsprinkane en
liewenheersbesies klaarspeel met
goggas terwyl die eende en
hoenders maai onder die slakke. Dis
vir hulle ’n heerlike proteïenhappie
soggens vroeg” sê Megan.

[ORGANIES EN GESOND]


Onder die staatmaker-groentes wat
hier tussen die eetbare blomme
verbou word tel 12 verskillende soorte
blaarslaai seldery tamaties krulkool
eiervrug beet wortels en sprietuie.
Free download pdf